NO NEED FOR A PANIC ATTACH :-)


 

Ok! So dit is hoe ek op die oomblik voel….. ‘n Bietjie “overwhelmed” maar ek voel darem nog in beheer van alles – wat ‘n goeie ding ne?? Ek reken so! Wel, soos julle almal weet is dit die Trips se groot verjaarsdag partytjie Sondag en die weer voorspel REEN! Daar het julle dit nou – REEN! Die venue wat ons gaan gebruik is pragtig! Dit is alles buite met diere wat die kiddies kan voer, perdjie ry, trekker ry, springkasteel en nog soveel meer.

Nou normaalweg sal Arnell soos die volgende reageer:

Maar raai wat…… ek is bitter kalm en het besluit om te bid: “Liewe Jesus, U weet dat ek altyd baie moeite doen met my kinders se partytjies.  Nie omdat ek moet nie, maar omdat ek wil. Ek wil dit vir hulle so lekker maak daardie dag, en dit is my manier om vir hulle dankie te se dat ek hulle Mamma kan wees. Asb, Liewe Jesus hou net die reen ‘n bietjie weg Sondag middag sodat ons net ons Spiderman Partytjie kan he.” Mensies, ek het kalmte en vertrou ten volle dat ons partytjie Sondag nie gaan uitreen nie. Kyk maar, ek gaan dit Maandag vir julle bevestig! 🙂

Ek het nog tonne goedjies om te doen die res van die week, maar met twee dagboeke naby en ‘n “to do list” elke dag is ek positief dat ek  alles gedoen gaan kry sonder om dingetjies af te jaag en te “panic”. Want sien die 3tjies gaan omtrent ‘n celebration he die volgende paar dae……

Donderdag is dit hulle verjaarsdag klaspartytjie by die skool. Vrydag is Zander Bakerman. Saterdag verjaar hulle en gaan ons ietsie (nog nie besluit nie) saam met Oupa Arrie,  Ouma Joey  en Mandy-hulle doen. Sondag oggend is dit hulle Sondagskool verjaarsdag partytjie en Sondag middag hulle groot Spiderman partytjie…. dankie tog dat Maandag ‘n vakansiedag is.

Bygese, Kobus is Woensdag in Ladysmith en Donderdag in Scottburgh…… So – ek is enkel ouer vir die 4 nie-so-soet Botha Drieling en hulle sussie. Eish!!!!!! Ok, ‘n minuut van stilte sal nou doen……. Haal asem Arnell. Easy-Piezee-Japiniezee…… Niks waarby die Crazy Store nie mee kan uithelp nie. Dit werk nogal vir my om hulle om te koop met Crazy Store se goedkoop speelgoed. Ek weet….. nie ‘n goeie Mamma voorbeeld nie…… Maar dit werk vir my! 🙂

  Phew!!!!!!  Julle mensies – I love, love, love doing this!!!!! 🙂

 Ps: Ek dink nie Pappa Kobus se bank balans hou so baie daarvan nie… He He He…. Anyway ‘n mens word net een keer 4, of hoe?

Breath! Breath in! Breath out!

Ok, I’ve got this…….

Toedels!

xAx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s