MIA SE BARBIE PARTYTJIE…..


So Saterdag was dit Mia se vierde verjaarsdag partytjie gewees. Mia is ‘n baie spesiale maatjie van ons. Mia was ‘n baie siek dogtertjie gewees toe sy gebore is. Dit is ‘n baie lang hartseer storie, maar ons dank die Here elke dag dat Hy nooit Mamma Carla en Pappa Werner se hande gelos het nie, en elke tree saam met hulle geloop het, sodat  Mia nooit ‘n operasie nodig gehad het nie, en sy volkome herstel het.

Mamma Carla was ook my steunpilaar gewees die  7 weke wat ons by Sandton Medi Clinic se ICU en Neonatal was. Vir 15-16 uur per dag het ek daar spandeer – sonder Kobus want hy moes werk. En dit is reeds daar waar ek vir Carla ontmoet het. Sy was my “buurvrou” gewees so tussen al die Broeikaste en Masjiene, maar darem het ek geselskap gehad en ‘n skouer om op te leen en te huil  as dingetjies met tye ‘n bietjie moeilik en “overwhelming” was.

Carla en Mia….. Baie dankie dat ons Saterdag met julle kon geniet. Mia – jou Barbie Partytjie was pragtig gewees!

Ek deel graag ‘n paar foto’tjies van Saterdag se partytjie. Dit was bibber koud gewees, maar gelukkig het die reen weggebly. Geniet dit julle!

Advertisements

One thought on “MIA SE BARBIE PARTYTJIE…..

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s