SPIDERMAN X3


So mensies, waarmee hou Mamma Arnell haar die laaste paar dagies  besig……..

Raai?

Jip, jy het dit –  die Drieling se Spiderman Partytjie Sondag die 23ste September. Nou vir die van julle wat my nie ken nie, ek gaan GROOT op partytjies. Ek lief dit om die partytjie te beplan en alles self te doen (behalwe natuurlik die koek bak en snacks vir die volwassenes), but as for the rest Whola die Uwe doen alles.

Met hulle eerste verjaarsdag was hulle tema gewees: Thomas the Steam Enjin. Hulle tweede was: Cars en hulle derde verjaarsdag partytjie was: Toy Story gewees. So ja, ons het gevorder van Thomas the Steam Enjin na Spiderman…. Ek sidder om te dink wat dit volgende jaar gaan wees. Maar noem dit Mamma Arnell got it covered 🙂

Ek is super opgewonde en sal sommer baie foto’s op my Blog sit as die partytjie verby is. My “droom” is natuurlik om ‘n “regte” Spiderman die dag daar te he…. Maar o wee Meneer Google maak dit nie vir my maklik nie, nerens kry ek ‘n plek wat ‘n “regte” Spiderman uitverhuur nie. Die enigste plekkie wat so iets doen wat ek van weet is in Perth  Australie. ‘n Ozzie Spiderman – no ways Mate!

 Ps: As iemand my dalk hiermee kan uithelp sal ek so dankbaar wees… Ek kan altyd vir Kobus aantrek soos ‘n Spiderman…. Mmmm…. of miskien nie. He He He.

Wag, laat ek gaan daar wag drie Spiderman’s vir my by die huis en ek het ‘n partytjie om te reel.

Toedels!

xAx

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s