JACQUES 1974-09-10 – 1998-09-07


Vrydag was dit 14 jaar gewees. Gister sou jy 38 jaar oud gewees het. Drie dae voor jou 24ste verjaarsdag het jy jou groot stryd teen die groot K (kanker) verloor. Vir 3 jaar het jy so dapper baklei teen die gevreesde, vreesaanjaende siekte. Om Chemo te kry was later tweede natuur vir jou –  en ons gewees. Om jou so te sien met al die pyn, was vir ons hartverskeurend gewees, maar ongelukkig kon ons niks doen vir jou nie – dit was jou lewenspad wat Liewe Jesus vir jou gekies het, en jy moes hom alleen stap.

In die begin was almal so seker dat dit ook verby sal gaan en dat een of twee Chemo sessies die groot K sal stop en genees! Maar soos die tyd verby gegaan het en jy net sieker geword het, het ons almal – en ek dink jy meeste van ons almal geweet dat die Here jou naam geroep het en dat Hy beter dinge vir jou in gedagte gehad het. As ek vandag terug kyk na daardie laaste paar(moeilike) dagies is ek dankbaar. Ons kon totsiens se, ons kon JOU terug gee aan die Here sonder om vir Hom kwaad te wees, ons kon jou rustig sien gaan (in jou slaap) en die verligting, o die verligting dat alles, al die pyn verby is. Ons het ook geweet dat daar gaan moeilike, hartseer verlang dae wees en daar was/ is nogsteeds sommige bitter moeilike dae.

 Ek weet ook dat sou jy nou iets kon se het jy ons as familie en vriende gelos met die volgende:

MISS ME – BUT LET ME GO ……

When I come to the end of the road. And the sun has set for me. I want no nites in a gloom-filled room. Why cry for a soul set free? Miss me – But let me go.

Miss me a little – But not too long. And not with your head bowed low. Remember the love that we once shared. Miss me – But let me go.

For this is a journey that each must take. And each must go alone. It’s all a step in the Master’s plan. A step on the road to home. Miss me – But let me go.

When you are lonely and sick of heart. Go to your beloved family and friends. And bury your sorrows in doing good deeds. Miss me – But let me go.

14 Jaar later en ons dink nog daagliks aan jou. Ons verlang elke oomblik, maar die wete dat jy nou by Liewe Jesus is sonder enige pyn bring berusting. Mamma en Pappa sukkel nog baie – need I say more? Jy was hulle Oogappel gewees. Gelukkig weet ons dat eendag as ons lewe op aarde verby is, ons mekaar weer sal sien – vir ewig in die Hemel! 🙂

Ta Ta vir nou eers.

Jou Sussie Arnell x x

 

Advertisements

3 thoughts on “JACQUES 1974-09-10 – 1998-09-07

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s