A NEW ME ………..


Verlede Saterdag was ek en Mandy by ‘n WOMAN OF INFLUENCE CONFERENCE gewees en die tema vir die dag was “A NEW YOU”.  Ek weet nie wat ek verwag het nie, miskien ‘n paar riglyne hoe om ‘n beter Eggenoot te wees, of ‘n beter Mamma te wees of miskien hoe om ‘n beter Vriendin te wees.

Maar wat ek gekry het was soveel meer….. Nee Mensies dit het gegaan oor my –  Arnell en waar ek met die Here staan. Vir 5 ure het ek vergeet van Kobus, my werk en is die kinders ok en het hulle geeet? Dit was 5 ure wat ek saam met 300 ander Damens geniet het in die geselskap van die Heilige Gees en God.

Ek het nog altyd gewonder waaroor die groot boehaai gaan oor Angus  Buchan se Mighty Men. Sou jy met enige man praat wat al een van sy MMC bygewoon het, is almal een dat die Heilige Gees en God DAAR was. Miskien het ek dit nog nooit voorheen verstaan nie, vandag doen ek. En ek bedoel wat ek en die ander 299 Dames gedeel en beleef het Saterdag kan jy nie eers ‘n bietjie vergelyk met die MMC nie!

Ons Gasspreker vir die dag was Pastor Jenny Roebert gewees. Fenominaal!!!!!! Kyk, wat daardie Vrou het, WIL ek Arnell Botha ook he. Sy het ons toegespreek vir ‘n uur en ‘n half en nie een keer na haar notas gekyk nie. Flip, ek wonder of sy ooit notas by haar gehad het….. Haar passie, haar liefde en toewyding was sigbaar en geen voorgee. What you see is what you get attitude!  Ek het letterlik aan haar lippe gehang en wou net meer en meer he. In my lewe vir daardie paar uur met die Heilige Gees en Here so duidelik om ons en by ons wou ek die horlosie stop en net daar bly – vir ewig! Ek dink ek het Saterdag ‘n bietjie van die Hemel gesien en gevoel. Mense, as dit is hoe dit in die Hemel moet voel wil ek vandag nog soontoe gaan. Maar ek dink nie ek het ‘n clue hoe dit regtig daar is nie, ek dink dit sal my hoogste verwagtinge oortref 🙂

 Ek kan nie onthou wanneer en hoe ek my lewe aan die Here gegee het nie. Party mense kan die spesifieke dag en datum onthou. Vandat ek kan onthou is ek ‘n kind van God. Ek glo in hom en ek lief hom met my hele hart. Ek en die Here het ons op en af tye al gehad, veral deur my Fertiliteitsjare het dit maar rof gegaan – maar nooit ooit het Hy my hand laat los nie – nooit. Inteendeel as ek nou terug dink was dit reeds in daardie tyd wat Hy my stywer vasgehou het.  Maar, wat ek Saterdag beleef het was one of a kind. Die Heilige Gees was DAAR gewees. Dit was oorweldigend en WOW gewees, I wanted more!!!!!!

Mensies, ek probeer ‘n beter mens wees. Maar ek besef ook dat die Duiwel lustig is. Ek hou vas aan die volgende vers: “With God all things are possible” Matt 19:26. Ek se nie vandag dat ek nou die “Heilige Arnell” is nie. Nee – wat ek vandag bedoel is dat ek wens ek is al daar waar die Here wil ek moet wees. Ek probeer regtig hard, ek vloek al minder (Halleluja!) 🙂

Ek wil graag twee liedjies se woorde met julle deel wat vir my soveel beteken en presies se hoe ek vandag voel. Overwhelmed and so in Love!!! Die liedjie Rooftops maak my so opgewonde en ek wil net uitskree: ” I am yours!”  en die liedjie Show me your  Glory gee my “goosebumps”.

ROOFTOPS…..

Here I am before you, falling in love and seeking Your truth. Knowing that Your perfect grace has brought me to this place. Because of You I freely live my life to You. You, oh God, I give. So I stand before you God. I lift my voice cause You set me free.

So I shout out Your name from the rooftops I proclaim that I am Yours. I am Yours. All that I am,  I place into Your loving hands and I am Yours, I am Yours!

All the good You’ve done for me, I lift up my hands for all to see. You’re the only one that brings me to my knees. To share this love across the earth the beauty of Your worth I lift my hands cause You set me free.

Here I am. I stand with arms wide open to the One, the Son, the Everlasting God…..

SHOW ME YOUR GLORY…..

I see the cloud. I step in. I want to see Your glory like Moses did. Flashes of light, rolls of thunder. But I’m not afraid. I’m not afraid. Show me Your glory.

I’m awed by Your beauty, lost in Your eyes. I want to walk in Your presence like Jesus did. Your glory surrounds me and I’m overwhelmed. But I’m not afraid. I’m not afraid.

I long to look on the face of the One that I love. Long to stay in Your presence, it’s where I belong….

Ps:  Ek is baie bevoorreg dat Kobus net so ‘n passie het vir die Here en dat ons Hom saam as ‘n gesin kan dien.

Pss:  Ek het ook wonderlike vriendinne wat oorloop van liefde vir die Here en wat daagliks my “Jesus Maatjies” is.

Psss:  As jy vandag nog nie jou hart gegee het vir die Here nie, vra ek jou, smeek ek jou,  asseblief doen dit.

THE BEST IS STILL TO COME!

Amen.

xAx

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s