0

PARTYTJIE TYD: DAG 1…….


Ja Mensies!

Die drie’tjies is more vier jaar oud….. Genade, maar hierdie jaar het gou verby gegaan. Vandag het hulle hul klaspartytjie gehad. Ek glo dat hulle dit sommer baie geniet het – kyk net na daardie gesiggies, dit se sommer alles!

Toedels tot more!

xAx

Advertisements
0

NEWSFLASH! NEWSFLASH!


Gather around……  Gather around…….

Pssssst……….

Spiderman is on his way…..

 All the way from Forst Hill, Queens, New York City. Peter Parker welcome ! Swing by and help celebrate Quintin’s, Reinhardt’s and Zander’s 4th Birthday Party!

 

Who is that man in red, walking the walls? The webbed wonder Spiderman!

Ps: Unfortunately,  Peter Parker had to cancel.  Trouble in New York City! And as we know…. Spiderman’s job  is to serve and protect!

Pss:  Fortunately, we could get  a new –  dare I say –  better Spiderman.

Psss:  Because of his overwhelming  popularity we need to keep his  identity a secret.

I present to you….. The Amazing Spiderman all the way from Benoni………

Not everyone is meant to make a difference. But for me, the choice to lead an ordinary life is no longer an option. Whatever life holds in store for me, I will never forget these words: “With great power comes great responsibility.” This is my Gift, my curse. Who am I? I’m SPIDERMAN!

0

DOMINIQUE SE OULIKE SE-GOEDJIES…..


Dominique is nou twee en ‘n half jaar oud. Sy is van die doeke af (dankie tog!)  en daagliks verbaas sy my met haar woordeskat en oulike se-goedjies. Sy leer ‘n nuwe liedjie en rympie letterlik in ‘n paar minute aan – I kit you not!

Die laaste week het sy ons weereens so “ge-entertain” met haar se-goedjies. Ek deel ‘n paar met julle:

*  Verlede week was die weer baie swaar gewees deur die nag. Madam het wakker geword van die dreuning en blits. Ons hoor haar toe oor die Baba Monitor: “Vivian, Vivian. Kom haal my!” Vivian is ons nagverpleegster.

*  Iewerste hierdie week ook deur die nag het sy haar kop gestamp teen die muur. Weereens hoor ons haar oor die Monitor: “Eina! – huil….. Vivian kom help my!”

*  Nou die middag het sy ‘n “nommer 2” in haar klein toilet, sy kyk daarna en se vies: “Ag, sies man!”

* Sy haat dit as die Seuns (haar boeties) ‘n woord verkeert se, sy vervies haar sommer net daar en se vir hulle duidelik en hard: “Kyk na my mond – P-O-L-I-S-I-E-K-A-R!” Sy spel letterlik die woord uit vir hulle!

* Ek groet hulle nou die oggend voordat ek werk toe ry, sy draai om en se vir my: “Ok! Lekker werk!”

*  Haar boeties se verjaarspartytjie is oor 3 dae, en dit is vir haar vreeslik erg dat daar dogtertjies by hulle Spiderman Partytjie gaan wees, sy word sommer kwaad en se hulle mag nie kom  nie want hulle is “Dotterkies” – nou wat van haar dan?

Ai, mensies hierdie is maar net ‘n paar dingetjies waarmee Madam Dominique die laaste week mee vorendag gekom het. Sy is regtig a laugh a minute en ons geniet haar tonne baie!

Lekker dagie verder, en gelukkig is dit Vrydag more.

Mwah

xAx

 

 

0

I WILL DECLARE……


This is just too beautiful and important not to share with you guy’s.  Here goes…..

The words you speak set the course for your future. Choose to declare words of Faith, Hope and Love over your family, your relationships and your future.

This is your life, it is happening now.

What will you declare?

* I will declare that I will choose Faith over Fear.

* I will declare that I will fulfill my desitiny.

* I will declare that I will overcome all obstacles.

* I will declare that I will chase my dreams.

* I will declare Victory over Defeat.

BY:  JOEL OSTEEN.

0

NO NEED FOR A PANIC ATTACH :-)


 

Ok! So dit is hoe ek op die oomblik voel….. ‘n Bietjie “overwhelmed” maar ek voel darem nog in beheer van alles – wat ‘n goeie ding ne?? Ek reken so! Wel, soos julle almal weet is dit die Trips se groot verjaarsdag partytjie Sondag en die weer voorspel REEN! Daar het julle dit nou – REEN! Die venue wat ons gaan gebruik is pragtig! Dit is alles buite met diere wat die kiddies kan voer, perdjie ry, trekker ry, springkasteel en nog soveel meer.

Nou normaalweg sal Arnell soos die volgende reageer:

Maar raai wat…… ek is bitter kalm en het besluit om te bid: “Liewe Jesus, U weet dat ek altyd baie moeite doen met my kinders se partytjies.  Nie omdat ek moet nie, maar omdat ek wil. Ek wil dit vir hulle so lekker maak daardie dag, en dit is my manier om vir hulle dankie te se dat ek hulle Mamma kan wees. Asb, Liewe Jesus hou net die reen ‘n bietjie weg Sondag middag sodat ons net ons Spiderman Partytjie kan he.” Mensies, ek het kalmte en vertrou ten volle dat ons partytjie Sondag nie gaan uitreen nie. Kyk maar, ek gaan dit Maandag vir julle bevestig! 🙂

Ek het nog tonne goedjies om te doen die res van die week, maar met twee dagboeke naby en ‘n “to do list” elke dag is ek positief dat ek  alles gedoen gaan kry sonder om dingetjies af te jaag en te “panic”. Want sien die 3tjies gaan omtrent ‘n celebration he die volgende paar dae……

Donderdag is dit hulle verjaarsdag klaspartytjie by die skool. Vrydag is Zander Bakerman. Saterdag verjaar hulle en gaan ons ietsie (nog nie besluit nie) saam met Oupa Arrie,  Ouma Joey  en Mandy-hulle doen. Sondag oggend is dit hulle Sondagskool verjaarsdag partytjie en Sondag middag hulle groot Spiderman partytjie…. dankie tog dat Maandag ‘n vakansiedag is.

Bygese, Kobus is Woensdag in Ladysmith en Donderdag in Scottburgh…… So – ek is enkel ouer vir die 4 nie-so-soet Botha Drieling en hulle sussie. Eish!!!!!! Ok, ‘n minuut van stilte sal nou doen……. Haal asem Arnell. Easy-Piezee-Japiniezee…… Niks waarby die Crazy Store nie mee kan uithelp nie. Dit werk nogal vir my om hulle om te koop met Crazy Store se goedkoop speelgoed. Ek weet….. nie ‘n goeie Mamma voorbeeld nie…… Maar dit werk vir my! 🙂

  Phew!!!!!!  Julle mensies – I love, love, love doing this!!!!! 🙂

 Ps: Ek dink nie Pappa Kobus se bank balans hou so baie daarvan nie… He He He…. Anyway ‘n mens word net een keer 4, of hoe?

Breath! Breath in! Breath out!

Ok, I’ve got this…….

Toedels!

xAx

1

MIA SE BARBIE PARTYTJIE…..


So Saterdag was dit Mia se vierde verjaarsdag partytjie gewees. Mia is ‘n baie spesiale maatjie van ons. Mia was ‘n baie siek dogtertjie gewees toe sy gebore is. Dit is ‘n baie lang hartseer storie, maar ons dank die Here elke dag dat Hy nooit Mamma Carla en Pappa Werner se hande gelos het nie, en elke tree saam met hulle geloop het, sodat  Mia nooit ‘n operasie nodig gehad het nie, en sy volkome herstel het.

Mamma Carla was ook my steunpilaar gewees die  7 weke wat ons by Sandton Medi Clinic se ICU en Neonatal was. Vir 15-16 uur per dag het ek daar spandeer – sonder Kobus want hy moes werk. En dit is reeds daar waar ek vir Carla ontmoet het. Sy was my “buurvrou” gewees so tussen al die Broeikaste en Masjiene, maar darem het ek geselskap gehad en ‘n skouer om op te leen en te huil  as dingetjies met tye ‘n bietjie moeilik en “overwhelming” was.

Carla en Mia….. Baie dankie dat ons Saterdag met julle kon geniet. Mia – jou Barbie Partytjie was pragtig gewees!

Ek deel graag ‘n paar foto’tjies van Saterdag se partytjie. Dit was bibber koud gewees, maar gelukkig het die reen weggebly. Geniet dit julle!

0

VRYDAG GIGGELS……


En daar het julle dit Mensies – dit is Vrydag!!!!

Whoopy!

Hierdie week sweer ek het 2 dae minder gehad, want net toe hy begin het is hy verby…… Ek weet nie of ek verlig is nie en of ek moet huil nie, want sien verlede naweek was die vier Botha’tjies duiwels gewees. Pappie, ek en Kobus het les op gese. Maandag kon nie gou genoeg kom nie. Wat hierdie naweek vir ons voorle…. Eish! Sal ons maar moet wag en sien.

More is dit Mia se vierde verjaarsdag partytjie, so die viertjies is baie opgewonde vir die Barbie partytjie. Ek moet ook al die finale reelings tref vir volgende naweek se groot Spiderman Partytjie. Ek gaan reeds vanmiddag na ‘n plekkie wat Kostuums uitverhuur – met natuurlik die hoop dat ek ‘n groot Spiderman uitrusting sal kry??????? Ok, asem op Mensies!!!!!! Miskien verwag ek dalk te veel…… Miskien gaan ‘n groot “regte” Spiderman ons nie beskore wees nie 😦 Maar vir nou gaan Mamma Arnell nie moed opgee nie, die eind vluitjie het nog nie geblaas nie. Second thought……. ek het nog nie iemand wat homself beskikbaar gestel het om ‘n groot Spiderman te wees nie….. mmmmm…… miskien moet ek net ‘n paar name in ‘n hoed gooi………

Daar gelaat, ek wil nie te veel babbel vandag en julle verveel nie. Ek los julle met die volgende  Vrydag Giggels. Geniet Mensies!

Ciao!

xAx