VANDAG: 5 JAAR LATER……


Maart 2007 tydens een van ons vele Fertiliteitsbehandelinge het ek besluit om met ‘n joernaal te begin. Dit was die tyd voordat Blogs bestaan het. Ek het besef dat ek iets moes doen om van al die hartseer, vrae, angs en meestal  WOEDE ontslae te raak. Kobus het elke treetjie saam met my gestap en hy kon net soveel hoor, soveel luister en soveel vrae beantwoord waarvoor hy self ook nie antwoorde gehad het nie.  In daardie tyd was fertiliteitsprobleme baie skaars en privaat gewees en gelukkig/ongelukkg het almal naby ons  nie probleme gehad nie en het hulle vinnig en maklik swanger geraak. Met wie sou ek dan my hartseer kon deel? En dit is net hier waar my joernaal my beste maatjie, my hartseer luister maatjie geword het……

Dit is ook vandag presies 5 jaar terug dat ek my eerste en dankie tog enigste miskraam gehad het. Na 6 jaar van sukkel. Ses jaar van baie verskillende Dokters, Hospitale, ses Invitro’s en baie “spaargeld/ skuldgeld” later.  Vandag kyk ek terug na die laaste 5 jaar sedert ons miskraam dagie en ek onthou alles nog glashelder. Die woorde, die emosie, die trane en die PYN! Ja, mensies ek het sedert daardie dag vier kosbare mensies by gekry, maar daar gaan nie dag verby dat ek nie aan ons SPESIALE  eerste babetjie dink nie……

Vandag loer ek ‘n bietjie in my joernaal van Augustus 2007 en ek deel dit met julle. As ek nou terug kyk daarna – dit lees,  besef ek HOE eina en gebreek ek was na dit. Dit is nie lekker leesstof nie, dit is nie mooi nie, en miskien kry ek nou ‘n bietjie skaam. Maar gelukkig aanbid ons ‘n God van liefde en wat altyd van beter weet en weet ek dat Hy my vergewe het oor alles wat ek in daardie seer, eina tydjie kwyt geraak het. Vir sommiges van julle wat nie deur so iets is nie, mag dit dalk baie “oordryfend” of melodramaties wees. Maar glo my, gesels met enige Mamma wat ‘n kindjie verloor het – of hy nou ‘n paar uur, minute geleef het of  soos in my geval nooit die voorreg gehad het om ons babetjie vas te hou nie, sal saam stem dat daar NIKS ergers in die lewe is nie…..

*******************************************************************************************************************

29 Augustus 2007  (Woensdag)

Gisteroggend 08:45 het my hele wereld in duie  gestort, Stephan het my gebel  met die slegte  nuus dat my telling van 47 geval het na 12.

12!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Nee!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ag nee Here!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Hoekom, Here? Hoekom? Hoekom doen U dit aan my???????

Ek het so seer…. Ek kan nie meer myself  “sien” lewe nie. Hoekom vat U my babetjie weg? Magtig, het U nie al genoeg babetjies van my nie? Hoekom hierdie een? Hoekom?????????????????????

Ek wens U wil net verduidelik, praat met my asseblief. Ek dink U is wreed, lelik en baie onregverdig.

Ek gaan nie opgee nie, Ek gaan nie! Maak vrede daarmee Here!

Ek het hom vir vier dagies gehad. 4 Wonderlike dae. Hoekom? Ek is kwaad….. Asseblief Here, gee my Babetjie terug vir my, asseblief ek smeek, ek pleit ek skreeu: Gee my babetjie asseblief terug vir my – asseblief!!!!!!!!

Wat meer moet ek doen? Haat U my so?

Ek is jammer vir wat ek gedoen het, so jammer (wat ookal so erg was). Wat moet ek doen?

Bewys asb aan my dat U ‘n God van liefde is en nie so wreed as wat ek vandag glo nie. Asseblief doen net dit vir my, asseblief!

MY ENGEL BABETJIE: 09-08-2007 – 28-08-2007

Vir 19 dae het jy gelewe. 19 Kosbare dae. Jy was so sterk gewees. Onder moeilike omstandighede dink ek jy het guts gehad. Maar Mamma se liggaam was nog nie reg vir jou nie. Ek is so jammer. Jy was so sterk gewees en Mamma so swak….. Jammer, ek is so jammer…..

Mamma se Engeltjie….

Ek mis jou ongelooflik baie.

Vir vier dagies het ek geweet jy lewe.

Vir vier dagies het ek so ongelooflik lief geraak vir jou.

Vir vier dagies kon ek nie my lewe indink sonder jou nie.

Almal was so opgewonde gewees.

Almal kon nie meer wag om jou te ontmoet nie.

Ons seker die meeste van almal!

Dit was so ‘n besige naweek gewees.

Almal het kom inloer.

Ek het so min tyd alleen saam met jou gehad.

Wens ek kon stil sit, my magie vryf en net aan jou dink.

Maar die naweek was net te kort gewees….

Mamma het nie tyd gehad nie.

Ek is so bitter spyt vandag!

So spyt!!!!!

Mamma het jou foto in ‘n raampie gesit.

Elke oomblik daarna gekyk.

So trots!!!!

Maar van vandag af, kan ek nie meer daarna kyk nie.

My hartseer is te groot.

Ek is jammer!

Maar in my hart sal ek jou nooit vergeet nie.

Mamma en Pappa wou so graag vir jou ietsie koop.

Ons het ook – twee pakke doeke.

Oom Gerrit en Tannie Marlize het pakke geskenke vir jou gebring.

Tannie Elzabie en Tannie Michelle ook…..

Arno het jou Pieter gedoop, hy was so opgewonde gewees.

Weet nie hoe ons hom gaan vertel nie.

My Engeltjie……

Weet net Mamma se hart is ongelooflik seer vandag.

So seer dat ek nie weet of ek ooit weer heel sal wees nie.

Ek het so baklei vir jou.

Maar die Here het WEEREENS goed gedink om jou vir Hom te vat.

Mamma is baie kwaad vir Hom vandag.

Miskien eendag verstaan ek hoekom Hy jou reeds nou gevat het.

Ek is lief vir jou en mis jou alreeds so baie.

Jy sal altyd my eeste regte babetjie wees.

Nooit ooit sal ek van jou vergeet nie.

Asseblief  bid vandag saam met Mamma dat Liewe Jesus vir haar eendag nog ‘n babetjie sal gee. Nie om jou plek te vat nie, maar net om die hartseer ‘n bietjie minder te maak.

Mis jou baie…….

Liefde: Mamma xxxx

***************************************************************************************************************

31 Augustus 2007  (Vrydag)

Verlede week  hierdie tyd was daar lewe gewees….. Vandag is daar net bloed!!! Hoe onregverdig is dit! Ek is so leeg, so leeg…….

Almal se dat die pyn en hartseer minder gaan word met tyd. Ek kan hulle nie glo nie. Sal dit werklik beter word? Ek haal net asem. Ek is dood binne.

Gisteraand was baie erg gewees . Ek het so gekramp, het nog nooit so seer gehad nie. Om 01:30 vanoggend het alles “af” gekom. Wreed!!!!!!!!! My babetjie is weg, in ‘n tissue toe gemaak en by die toilet afgespoel. Hoe bly ek lewe na so iets? Ek sukkel, sukkel baie.

******************************************************************************************************************

Wel, mensies vandag is dit 5 jaar later…….. En daar het soveel dingetjies gebeur in die 5 jaar waarvoor ek so dankbaar is. My 4 kosbare Kabouters! Maar, ek kyk ook terug en voel nogsteeds hartseer en huil nogsteeds binnekant 😦

Dankie dat ek vandag my seer met julle kon deel……

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s