BESIGE BYTJIE…….


Kyk dit is nie nou hieroor of daaroor nie, maar ek is BAIE trots op myself. Ek is trots daarop dat ek deesdae my dae en aande produktief gebruik. Ek gebruik elke minuut van die dag en kry so baie gedoen. Ek leef deesdae met twee dagboek heeltyd by my en ‘n honderd en een “pop-up” notas. As ek vir myself ‘n klop op die skouer kon gee –  het ek, maar vir nou sal ek maar net ‘n “high five” in die lug doen (natuurlik as niemand kyk nie).

Net ‘n kykie vinnig na my dag gister:

05:00: Ontwaak uit La La Land.

06:00 – 06:30:  Help Kiddies regkry vir skool.  (Gelukkig vat Kobus hulle skooltoe meeste van die oggende)

07:00: By die werk en my dag by Cu Al begin.

15:00: Klaar gewerk en oppad winkel toe.

16:00: Kom  by die huis. Pak kruideniersware, geskenke, party goedjies weg. Kry kinders se klere vir die volgende dag reg. Pak ons wasgoed weg. Kry die kiddies se slaapklere en bad goedjies reg. Kry hulle middag/aand snackies reg.

16:30:  Gaan haal kiddies by kleuterskool.

17:00:  Maak kos, pak hulle skooltasse vir die volgende dag en spandeer tyd saam met elke kind. (Speeltyd & Badtyd). Gelukkig bad Vivian hulle.

17:30 – 18:10:  Doen met Zander sy Spraak Huiswerk.

18:10 – 19:30:  Gee vir die kiddies kossies en kuier weer ‘n bietjie verder.

19:30 – 20:00:  Eet gou gou ietsie en pak Dominique se Baker Baker vir Vrydag. (27 Kindertjies).

20:00 – 21:00:  Gerrit kom gou gou inloer en drink saam koffie. (Jippy, bietjie onspan tyd).

21:00 – 22:00:  Trek Oupa Arrie se verjaarsdag geskenke toe.  Stort.  Stilte Tyd saam met die Here.

22:00:  Doeks!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ps:  Tussen deur die dag by die werk het ek nog partytjie goedjies gaan koop vir drie verskillende partytjies (Oupa Arrie se Ben Ten Alien Force Partytjie, Die Trips se Spiderman Partytjie en Dominique se Feetjie Bakerman). Ek het ook hulle Spiderman Partytjie Uitnodigings ontwerp en twee klaar gekry. 

Pss:  Ek kon ongelukkig nie by my beplande fietsry oefeninge  of treadmill sessie uitkom nie. Ek was net te kapot.

Psss:  Ek sien nerens –  spandeer tyd saam met Kobus nie.  Oeps!!!  Sorry Lief. 🙂

Pssss:  Vandag/Vanaand lyk ook nie anders nie. Behalwe dat dit ons Selgroep aand is en dat alles moet gebeur voor sewe uur vanaand.

Phew!!!!!

En mensies dit was my dagie gister. Baie besig gewees, maar baie lekker gewees. Ek floreer op “dead lines” en as dingetjies dol gaan. Dan is ek op my beste. Maar net so baie soos ek daarvan hou, haat ek gaos!Ek is seker ek  “mors”  baie tyd om eers alles reg te kry en te beplan voordat ek daarmee begin – daarom waardeer ek my twee dagboeke en “pop-up” notas so. Hell, dit werk vir my. 🙂

Toedels van ‘n besige bytjie Arnell

xAx

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s