0

DONDERDAG BRIEWE AAN JULLE 4’TJIES…….


* REINHARDT:  So twee weke terug toe ons oppad van die see afgekom het, het jy vreeslik gekla oor maagpyn. By Villiers het ek vir Pappa Kobus gevra om die kar te stop sodat ek vir jou maag medisyne kon gee. Jy kon nie verstaan waarom die medisyne nie dadelik wou  werk nie.  Ek het jou uit jou karstoeltjie (teen my wil) gehaal en jou styf teen my lyf vasgehou. Teen die tyd wat ons by die huis gekom het, was jou maagpyn weg. Sedert daardie dag het jy al ‘n paar keer vir my so mooi Dankie gese dat ek vir jou “magie medisyne” gegee het en dat ek jou vas gehou het. Groot plesier my Engeltjie! Dit is vir Mamma baie erger as jy eina het as vir jou. Ek wens ek kan jou teen al die Eina’s in die lewe beskerm.

*  ZANDER:  Baie dankie dat jy so mooi na jou sussie Dominique kyk. Jy speel so mooi met haar en is baie besorgd oor haar. Dit is so oulik vir Mamma as jy haar Nikki noem. Dominique kan so gelukkig wees om ‘n groot Boetie soos jy te he – Mamma se Zandertjie.

*  DOMINIQUE:  Jy is nou maar eers twee en ‘n half jaar oud, maar party dae dink ek is jy al 12!! Jy is so oulik en het Mamma, Pappa en almal so verras om so gou en so maklik te “potty train”. Mamma en Pappa is so trots op jou.

*  QUINTIN:  Vanmore oppad skool toe het ek so vir jou gelag – want jy reken jy wil ‘n grooooooooot krokodil he. Jy noem dan ook dat jy glad  nie bang is vir ‘n krokodil nie en dat jy dink hy kan maar in ons swembad bly. Toe Zander dit hoor, wou hy nou skielik ‘n dolfyn he, wat ook in die swembad gaan bly saam met jou krokodil. Mmmmm….. Quinty, Mamma weet nie so mooi nie. ‘n Krokodil en ‘n Dolfyn in een swembad saam? Werklik??

 

Advertisements
0

WEDNESDAY/WINESDAY ……….


Vandat ek kan onthou het ek nog nooit van ‘n Woensdag gehou nie.  ‘n Woensdag sit vir my op so  ‘n akward tyd van die week. Daar is drie dae voor ‘n Woensdag en drie dae na ‘n Woensdag wat ‘n Woensdag dus presies in die middel sit! Dit voel vir my asof jy so ingehok is, jy kan nie voorentoe nie en jy kan nie agtertoe nie! Eish!!!!

Dit was dan ook altyd so gewees dat op skool het ons altyd die goorste  vakke op ‘n Woensdag gehad. Toe ek Kolleges toe gegaan het, het ek gedink  Mooi Man! Miskien verander dingetjies nou…. maar nee Pappie! Ons het elke Woensdag klas gehad tot 5 uur met Engels as ons laaste vak – regtig????

Vandaar het ek letterlik ‘n vrees ontwikkel vir Woensdae – as ek nou terug dink, sweer ek die kids is ook stouter op ‘n Woensdag. Miskien voel hulle hul Ma se angs en anti-Woensdag aan?  Maar mensies ek moet darem bieg, die laaste twee jaar begin ek nou met ‘n ander oog kyk na ‘n Woensdag. Serious???? Jip! Ons het Selgroep op ‘n Woensdag saam met  pragtige mensies. Woensdae aande is ook nou ons “date night” waar ek en Kobus Selgroep toe gaan – alleen, of soms as daar nie Selgroep is nie, net ‘n bietjie gaan uiteet of ietsie saam doen. Great ne!!

Ek wil dan ook net noem, dat soos ek nou hier sit het ek nie te veel klagtes sover oor my Woensdag nie….. Behalwe ‘n sekere iemand (wat graag anoniem wil bly), wat saam met my werk en ons deel ‘n huis en kinders het my middagete opgeeet. Hy het ‘n groot boks wat hy “stoor” in my kantoor al die hele week (ek haat bokse wat net rondstaan), en hy jaag my aan om my ADSL stick te “leen” want sy tyd is opgebruik en daarom moet ek my blog inskrywing afjaag….. Ek moet darem ook net in dieselfde asem noem dat hy vir my KFC  Zinger Meal gekoop het wat darem opmaak vir my middagete! 🙂 Ek weet die boks sal uit my kantoor verwyder word die volgende dag of twee want hy lees my Blog.  Ons het dan ook vanaand weer Selgroep en dit gaan Praise and Worship wees. Ek kan nie wag nie!!!!!!

Vir almal wat saam met my nie van ‘n Woensdag hou nie, deel ek graag die volgende prentjie…..

Enjoy Vrinne!

Vinnige, Haastige Groete:

Arnell xxx

0

VANDAG: 5 JAAR LATER……


Maart 2007 tydens een van ons vele Fertiliteitsbehandelinge het ek besluit om met ‘n joernaal te begin. Dit was die tyd voordat Blogs bestaan het. Ek het besef dat ek iets moes doen om van al die hartseer, vrae, angs en meestal  WOEDE ontslae te raak. Kobus het elke treetjie saam met my gestap en hy kon net soveel hoor, soveel luister en soveel vrae beantwoord waarvoor hy self ook nie antwoorde gehad het nie.  In daardie tyd was fertiliteitsprobleme baie skaars en privaat gewees en gelukkig/ongelukkg het almal naby ons  nie probleme gehad nie en het hulle vinnig en maklik swanger geraak. Met wie sou ek dan my hartseer kon deel? En dit is net hier waar my joernaal my beste maatjie, my hartseer luister maatjie geword het……

Dit is ook vandag presies 5 jaar terug dat ek my eerste en dankie tog enigste miskraam gehad het. Na 6 jaar van sukkel. Ses jaar van baie verskillende Dokters, Hospitale, ses Invitro’s en baie “spaargeld/ skuldgeld” later.  Vandag kyk ek terug na die laaste 5 jaar sedert ons miskraam dagie en ek onthou alles nog glashelder. Die woorde, die emosie, die trane en die PYN! Ja, mensies ek het sedert daardie dag vier kosbare mensies by gekry, maar daar gaan nie dag verby dat ek nie aan ons SPESIALE  eerste babetjie dink nie……

Vandag loer ek ‘n bietjie in my joernaal van Augustus 2007 en ek deel dit met julle. As ek nou terug kyk daarna – dit lees,  besef ek HOE eina en gebreek ek was na dit. Dit is nie lekker leesstof nie, dit is nie mooi nie, en miskien kry ek nou ‘n bietjie skaam. Maar gelukkig aanbid ons ‘n God van liefde en wat altyd van beter weet en weet ek dat Hy my vergewe het oor alles wat ek in daardie seer, eina tydjie kwyt geraak het. Vir sommiges van julle wat nie deur so iets is nie, mag dit dalk baie “oordryfend” of melodramaties wees. Maar glo my, gesels met enige Mamma wat ‘n kindjie verloor het – of hy nou ‘n paar uur, minute geleef het of  soos in my geval nooit die voorreg gehad het om ons babetjie vas te hou nie, sal saam stem dat daar NIKS ergers in die lewe is nie…..

*******************************************************************************************************************

29 Augustus 2007  (Woensdag)

Gisteroggend 08:45 het my hele wereld in duie  gestort, Stephan het my gebel  met die slegte  nuus dat my telling van 47 geval het na 12.

12!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Nee!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ag nee Here!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Hoekom, Here? Hoekom? Hoekom doen U dit aan my???????

Ek het so seer…. Ek kan nie meer myself  “sien” lewe nie. Hoekom vat U my babetjie weg? Magtig, het U nie al genoeg babetjies van my nie? Hoekom hierdie een? Hoekom?????????????????????

Ek wens U wil net verduidelik, praat met my asseblief. Ek dink U is wreed, lelik en baie onregverdig.

Ek gaan nie opgee nie, Ek gaan nie! Maak vrede daarmee Here!

Ek het hom vir vier dagies gehad. 4 Wonderlike dae. Hoekom? Ek is kwaad….. Asseblief Here, gee my Babetjie terug vir my, asseblief ek smeek, ek pleit ek skreeu: Gee my babetjie asseblief terug vir my – asseblief!!!!!!!!

Wat meer moet ek doen? Haat U my so?

Ek is jammer vir wat ek gedoen het, so jammer (wat ookal so erg was). Wat moet ek doen?

Bewys asb aan my dat U ‘n God van liefde is en nie so wreed as wat ek vandag glo nie. Asseblief doen net dit vir my, asseblief!

MY ENGEL BABETJIE: 09-08-2007 – 28-08-2007

Vir 19 dae het jy gelewe. 19 Kosbare dae. Jy was so sterk gewees. Onder moeilike omstandighede dink ek jy het guts gehad. Maar Mamma se liggaam was nog nie reg vir jou nie. Ek is so jammer. Jy was so sterk gewees en Mamma so swak….. Jammer, ek is so jammer…..

Mamma se Engeltjie….

Ek mis jou ongelooflik baie.

Vir vier dagies het ek geweet jy lewe.

Vir vier dagies het ek so ongelooflik lief geraak vir jou.

Vir vier dagies kon ek nie my lewe indink sonder jou nie.

Almal was so opgewonde gewees.

Almal kon nie meer wag om jou te ontmoet nie.

Ons seker die meeste van almal!

Dit was so ‘n besige naweek gewees.

Almal het kom inloer.

Ek het so min tyd alleen saam met jou gehad.

Wens ek kon stil sit, my magie vryf en net aan jou dink.

Maar die naweek was net te kort gewees….

Mamma het nie tyd gehad nie.

Ek is so bitter spyt vandag!

So spyt!!!!!

Mamma het jou foto in ‘n raampie gesit.

Elke oomblik daarna gekyk.

So trots!!!!

Maar van vandag af, kan ek nie meer daarna kyk nie.

My hartseer is te groot.

Ek is jammer!

Maar in my hart sal ek jou nooit vergeet nie.

Mamma en Pappa wou so graag vir jou ietsie koop.

Ons het ook – twee pakke doeke.

Oom Gerrit en Tannie Marlize het pakke geskenke vir jou gebring.

Tannie Elzabie en Tannie Michelle ook…..

Arno het jou Pieter gedoop, hy was so opgewonde gewees.

Weet nie hoe ons hom gaan vertel nie.

My Engeltjie……

Weet net Mamma se hart is ongelooflik seer vandag.

So seer dat ek nie weet of ek ooit weer heel sal wees nie.

Ek het so baklei vir jou.

Maar die Here het WEEREENS goed gedink om jou vir Hom te vat.

Mamma is baie kwaad vir Hom vandag.

Miskien eendag verstaan ek hoekom Hy jou reeds nou gevat het.

Ek is lief vir jou en mis jou alreeds so baie.

Jy sal altyd my eeste regte babetjie wees.

Nooit ooit sal ek van jou vergeet nie.

Asseblief  bid vandag saam met Mamma dat Liewe Jesus vir haar eendag nog ‘n babetjie sal gee. Nie om jou plek te vat nie, maar net om die hartseer ‘n bietjie minder te maak.

Mis jou baie…….

Liefde: Mamma xxxx

***************************************************************************************************************

31 Augustus 2007  (Vrydag)

Verlede week  hierdie tyd was daar lewe gewees….. Vandag is daar net bloed!!! Hoe onregverdig is dit! Ek is so leeg, so leeg…….

Almal se dat die pyn en hartseer minder gaan word met tyd. Ek kan hulle nie glo nie. Sal dit werklik beter word? Ek haal net asem. Ek is dood binne.

Gisteraand was baie erg gewees . Ek het so gekramp, het nog nooit so seer gehad nie. Om 01:30 vanoggend het alles “af” gekom. Wreed!!!!!!!!! My babetjie is weg, in ‘n tissue toe gemaak en by die toilet afgespoel. Hoe bly ek lewe na so iets? Ek sukkel, sukkel baie.

******************************************************************************************************************

Wel, mensies vandag is dit 5 jaar later…….. En daar het soveel dingetjies gebeur in die 5 jaar waarvoor ek so dankbaar is. My 4 kosbare Kabouters! Maar, ek kyk ook terug en voel nogsteeds hartseer en huil nogsteeds binnekant 😦

Dankie dat ek vandag my seer met julle kon deel……

0

DIT GAAN GOED……………….


Dit gaan goed in Bothaville….. Dit is seker hoekom ek die laaste paar dagies so stil was. Die kinders is gesond – met net ‘n hoesie hier en ‘n hoesie daar. Zander het Dr. Fung (ENT Spesialist) Dinsdag gesien en behalwe vir ‘n  bietjie vloeistof agter die oortjies is hy baie gelukkig en voel hy dat Zander nie nou cromets nodig het nie. 🙂 Hy het hom wel op 5ml Deselex elke dag gesit en ‘n neussproei.

 Behalwe vir Sondag na kerk wat ons Witbank toe gaan het ons niks verder vir die naweek beplan nie. Vivian is naweek af en ek hoop maar Madam Dominique slaap beter as die laaste week.

Uiteindelik is ‘n klaar met die Trips se Spiderman Kaartjies – ‘n volle 24 self gemaak. Ek moet net die laaste bietjie afronding die naweek doen en Whola Maandag gee ek dit uit! Jippy Doe Day!!!!!!

Mensies, soos julle seker kan aflei het ek nie te veel te se nie. Ek sluit maar af met die volgende prentjie………

Toedels tot Maandag. xxxx

xAx

0

MAMMA’S HUIL OOK SOMS ……..


My kind, weet jy dat Mamma’s ook soms huil? Maar dat ons trane agter ons glimlagte skuil.  Weet jy dat Mamma’s se harte ook soms wil breek, maar dat ons dit so ver weg steek.  Weet jy dat ons soms sit met so min hoop en dat ons so hard moet keer dat ons trane loop.

My kind, as jou hart soms so seer is en daar niks aan te keer is, is Mamma’s die een wat by jul staan en dis Mamma’s wat  jul harte so goed verstaan. 

Mamma’s moet sterk wees vir haar kind en soms is dit so hard om die regte woorde te vind, want as ons jul moet troos en vashou huil ons net so hard in ons mou.

My kind soms is dit so hartseer om jou te sien huil en soms dink Mamma’s terug aan jou kinderdae met jou gesiggie so vuil.  Soms verlang ons ook na iemand om ons by te staan, en soms wil ons arms he wat om ons gaan.

My kind maar ter wille van jou staan ons sterk, al maak jou hartseer in ons harte ook ‘n merk.  Weet jy dat ons net die beste vir jul soek en ons liefde soos ‘n storieboek is want elke bladsy vertel sy eie verhaal…… Van ‘n Mamma wat haar kind nooit sal faal……

En wanneer jul trane in jul ogies skyn…. My kind weet jy dat Mamma’s dan ook wil huil?

Ek glo elke Mamma voel so……

Toedels van een Mamma aan ‘n ander.

xAx

0

DONDERDAG GIGGELS…..


Ja nee, mensies die naweek is om die draai.  Ons gaan ‘n bietjie see toe vir die naweek om Oupa Arrie se 66ste verjaarsdag te vier. En vier gaan ons vier.  Ons tema vir sy partytjie is Ben Ten Alien Force. 🙂 Hoopenlik sal ek iewers volgende week ‘n bietjie foto’s kan opsit van ons partytjie.

Maar vir nou wil ek net ‘n paar Donderdag giggels met julle deel, net so voor die naweek sy kop uitsteek. Enjoy!

Toedels.

xAx