EN WAT NOU??


Ok, so ek wil nie voorkom as ‘n “Spoiled Brat” nie. Ek het hierdie posstukkie ‘n paar keer begin en dan weer delete, want sien ek weet nie so mooi hoe om my gevoelens/boodskap heeltemal duidelik te maak nie. We’ll here goes…..

Ek wil/kan nie net ‘n Mamma wees nie.  Ek is baie lief vir al vier my kiddies en sal binne ‘n sekonde my lewe vir hulle almal gee sonder om eers daaroor te dink of te twyfel. Wat ek dus hier met my stelling bedoel is – ek wil Arnell ook wees. Ek wil Kobus se Vrou wees. Ek wil ‘n Kollega by die werk wees. Ek wil ‘n goeie vriendin wees! Met tye wil ek net wees…..

Ek het die laaste 10 dae besef dat al wat ek die laaste vier jaar was, was ‘n Mamma gewees. Met vier besige kiddies by die huis gaan dit meeste van die tye baie rof in ons huis. Dit maak my moeg, moedeloos  want al wat ek doen is gee in, en voer almal se bevele uit. Ek “please, en please en please” almal en alles net omdat ek vrede wil he. Nou vir julle almal wat kinders het besef dat hulle is baie slim en dit is presies wat hulle wil he, ‘n Mamma wat alles doen wat hulle vra. Eish!

Gistermiddag het ons die kiddies by die skool gaan haal. Hulle was so bly gewees om ons te sien. Maar binne ‘n uur toe is alles weer back to normal. Kinders wat demand en Mamma Arnell wat ingee. Ek weet ek moenie hieroor kla nie, want ek veroorsaak dit. Ek moet net NEE begin se en ‘n metode kry om dan met die gehuil en geneul saam te leef.

Om so baie kinders te he en vir elke een kwaliteit tyd te gee elke aand na werk is moeilik. Daar se ek dit – dit  is vrek moeilik en ek sukkel en suck big time!!!!! Mensies, ek kry dit nie reg nie. Vandat die kinders by die huis kom tot dat hulle gaan slaap is so 2 en ‘n halwe ure. In daardie tyd moet hulle bad, slaap klere aantrek, eet, bietjie speel. Ek moet hulle skooltasse regpak, klere regkry vir die volgende dag, kos maak, met Zander sy Spraakterapie huiswerk doen en nog 4 kinders “probeer” aandag en liefde gee. Ok – so hierdie gedeelte verg dan al my tyd as Mamma Arnell. Nerens hier is Kobus se naam eers genoem nie. Hoe pas hy in? Nerens hier het ek eers tyd gekry om gou toilet toe te gaan nie, te eet nie. Hoe pas Arnell tyd in? Meeste van die dae is ek so kapot dat teen 19h45 wil ek net in die bed kom en slaap. Nevermind iets eet, op die treadmill draf, TV kyk, bad of self iets lees. Ps: Weet iemand dalk van ‘n goeie Tonic?

Ek weet daar is baie erger dinge in die lewe. Maar, ek wil nie so lewe nie. Ek is dankbaar vir elke dingetjie wat ek het. Ek besef ook dat met ‘n bietjie hulp en leiding kan dinge verander. Op die oomblik voel ek soos ‘n hamster in sy hok wat  op sy wieletjie al in die rondte, al in die rondte hardloop en nerens heen gaan nie. Ek dink op die oomblik is my grootste vyand Tyd! Ek sal moet time management doen. Ek kan nie alles elke aand op een aand doen nie. Ek het al, maar ek wil nie meer nie!

Kobus het voorgestel ons stel ‘n rooster op. Hy wil weer begin oefen en gaan dus ook tyd alleen nodig he. Ek wil ook weer begin oefen, meer lees, langer bad en meer rus. Maar ek wil ook vir elke kind sy tyd alleen saam met my gee. Ek wil vir Kobus sy tyd alleen saam met my gee. Die laaste 10 dae was Kobus weer die Man waarop ek verlief geraak het 16 jaar terug. ‘n Rukkie terug het ek begin twyfel oor ons…..  Dit is nie hy nie, dit is ek. Al wat Kobus sien is iemand wat rondhardloop, skree en moedeloos is…. ek is seker hy het baie keer (miskien meer as wat ek dink of wil herken) begin wonder oor wat van Arnell geword het, die meisie van 20 op wie hy verlief geraak het 16 jaar terug. Ons/ek moet begin tyd maak vir ons, net ons 2!

Mensies, nou my vraag vandag is: “Nou wat nou?” Hoe verander ek alles? Want ek wil nie meer so aangaan nie. Ek is besig om myself te verloor.

Help!!!!!

Ps: Dit is oueraand vanaand. Oeps!!! Wish me luck.

Pss: Ek sal binnekort foto’s op my Blog en Facebook sit van ons onvergeetlike Thailand vakansie.

Psss: Dit gaan tonne beter met Pappa.

Pssss: Verskoon asb al die spelfoute, ek het te lank vakansie gehou. 🙂

xAx

Advertisements

One thought on “EN WAT NOU??

  1. It is so hard juggling being a mommy and having a life. My boys are only 8 months, I can’t imagine how it is for you.

    Some thing that work for us…

    We have a full time nanny who helps feed, bath, make bottles, put boys to bed, tidy up, make dinner. So basically there are two people sorting out the boys and one cooking and tidying up. Our nanny is an angel, she works till almost 8 most nights.

    Once a month DW and I have a date night. We get either Angel Nanny or a night nurse to babysit and we go have a meal together…usually with a glass of wine.

    On weekends we often visit with Ouma and Oupa who love playing with the boys while we rest a little.

    But the biggest thing is that DW is very hands-on. That is the most helpful of everything.

    Good luck. I hope you find some you time.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s