MASTERCHEF SOUTH AFRICA…..


Hello julle Mensies!

So ‘n maand of twee of drie gelede het MasterChef South Africa koors ons land getref. Vir die eerste paar weke al waaroor almal gepraat het was MasterChef! So tref die koors my toe ook. Soos met meeste van ons vrouens wat aan Fomo lei m.a.w. die vrees om iets mis te loop of in plain Afrikaans of maak dit liewer Engels: The fear of missing Shit! So  moes ek dit ook begin kyk.  Kobus was maar baie skepties en miskien ‘n bietjie opgewonde aan die idee dat sy Vroutjie Arnell nou ‘n bietjie begin belangstel in die kombuis, kosmaak en “wat nog!”

Die eerste episode wat ek gekyk het was “nerve-wrecking” gewees. Net om na die drie beoordeelaars se gesigsuitdrukkings  te kyk het my alreeds op my senuwees gehad, want sien ek kan nie eers brood  in ‘n toaster sit en verseker wees dat toast daar gaan uitkom nie. Never mind om iets eksoties in ‘n kwessie van ‘n paar uur “op te tower” en te verwag dat iemand dit actually moet eet. Nee Pappie, hierdie Girl kan nie kos maak om haar lewe te red nie, sy wil gewis nie iemand anders se lewe neem nie. RIP – Not!!!!

Kyk, ek  glo altyd as jy talent het in die kombuis WYS en GEBRUIK dit! As jy nie kan kook nie, bly uit die kombuis uit. Daar is altyd ander alternatiewe soos KFC met hulle Finger Licking Good Chicken, Debonairs met hulle heerlike Pizza en aflewering wat gratis is. Ek haal graag hul Quality Promise aan: “When we present you with your Pizza, if the dot is red your Pizza is hot and fresh. If it’s black, your Pizza is free. Conditions Apply!” Nou wat daardie Conditions Apply is, weet ek nie, maar ek is seker ‘n paar arm studente sal vir my meer lig kan werp of die onderwerp. 🙂 So mensies, daar is altyd ‘n uitweg om kossies in jou maag te kry.

Om terug te kom by die MasterChef se drie beoordeelaars. Hulle is Evil man, Evil! Kyk as een van hulle vir my se: “Maak Toast!” Maak ek Toast in die spoed van wit lig  en vra ook watter “Jam” wil jy ophe Chef? Of die Toast eetbaar gaan wees, nou ja – dit sal seker ‘n storie vir ‘n ander dag wees.Die drie is Benny Masekwameng,  Andrew Atkinson (wat gaan aan met sy oe wat hy altyd so rek en staaaaaaaaaaaaaaaaar) en dan Pete Goffe-Wood. Van al drie is Benny die Gentleman.

Nou my vraag is: “Wat kan so lekker wees om aan MasterChef deel te neem?” Eish! As jy op Tie-Vie wil kom is daar seker ander maniere en ander programme. Jy kan bv: ‘n Kleuterskool “hostage” hou vir ‘n paar uur.  Ek reken die kids sal dink dit is fun. Imagen net as die ewe Riaan Crywagen jou naam noem: “En hier volg die sewe uur nuus. Arnell Botha het vandag ‘n Kleuterskool  vir 3 ure in aanhouding gehou. Geen Kleuters was toegelaat om in die sandput te speel nie. Niemand is egter beseer nie. Arnell sal in ‘n Psigiatriese Hospitaal opgeneem word vir 3 dae.” Cool ne! Of  jy kan na die SPCA gaan en 20  vuil hondjies bad. Ek reken daar is baie opsies, ons moet net kreatief wees.

Ok, so ek dink ek weet wat die mense laat deelneem het aan MasterChef South Africa…. In totaal is die wenner se prysgeld 8miljoen Rand, waarvan R250 000.00 in kontant is. Die wenner sal ook in beheer wees vir twee jaar om die MondoVido Restuarant in Montecasino te bestuur en die hoof Chef te wees. Sou DIT bv vir my opgewonde gemaak het, om nou skielik in die kombuis te skarrel om kossies te maak vir my manlief en kroos van vier? Hell No! Vinnig wat is Scooto’s se Nommer!!!!!

MasterChef Mania tref Suid-Afrika! I like, it’s finger licking good!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s