IN NATANIEL SE EIE WOORDE……


Ek hoop meeste van julle weet en ken vir Nataniel. Ek hoop ook dat van julle was al by van sy Shows gewees. As jy het, sal jy verseker saam met my stem dat Nataniel een van daardie Kunstenaars is waarvan jy net nie genoeg van kan kry nie. Ek en Kobus het al na Cathedral en Combat van hom gaan kyk. Die Man is Fenominaal, en by sy Shows voel ‘n uur en ‘n half net  na ‘n minuut en ‘n half. ‘n Mens kan nie genoeg kry van hom nie. Hy is een van daardie mense wat jy wens was een van jou beste vriende, want glo my ek kan myself net voorstel hoe lekker ‘n mens by ‘n braaivleis vuurtjie sal kuier met Nataniel as metgesel en maatjie.

Sy werk is van die beste in die land. Hy kan sing en ‘n storie vertel met so ‘n droee sin vir humor wat jou dae lank sal laat skatter van die lag. Mensies, doen jouself ‘n guns as Nataniel weer in julle kontrei is, gaan maak ‘n draai daar. Jy sal nie spyt wees nie!

Vandag wil ek graag ‘n paar “wyse woorde” met julle deel so uit Nataniel se pen en mond. Geniet dit!

* Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig.

* Hoe minder goeters jy het, hoe minder wharries het jy… en hoe lekkerder slaap jy!

* Wees onvoorwaardelik lief vir jou gesin en familie en aanvaar elkeen presies net soos hy/sy daar is… vriende kan jy kies, familie nie!

* Moenie toelaat dat jou brien muf met “issues” soos onvergewensgesindheid, skuldgevoelen of grudges nie… sorteer alle stront uit nog voor die son sak.

* Hardloop jou lewens-spiedomiter in die rooi…. help waar jy kan en lewe voluit terwyl jy nog lewe in jou het… “use it” – or “lose it”.

* Geniet die eenvoudige dinge. Die “image”-goed en “keeping up with the Joneses” is sommer ‘n pot snot…. hulle (Die Joneses) sit in elke geval nou in Ozzie.

* As jy ‘n “no-name brand” T-Shirt sien wat jy laaik, koop dit….. na moer met die name-goed wat jy in elk nie kan bekostig nie -solank dit gemaklik pas…. Laat andere maar hul geld mors op goed wat hulle vals selfvertroue in hul eie plestiek-wereld gee!

* Lag dikwels, lank en lekker, dit hou jou gesond! Haal diep asem, drink meer water as wat jy moet en kou jou kos vyn. Eet meer van die goed wat mens pluk of uit die grond grawe. Moet nooit alleen alkohol gebruik nie en wanneer jy ietsie vat…. hou matigheid voor oe. ALTYD!

* Behou jou grapgat-vrinne en vermy die suurgatte.. hulle is “demoralising” en trek jou af na hulle vlak.

* Stel God EERSTE en alle ander goed sal self in plek val.. he geloof.

* Se vir mense dat jy vir hulle omgee…. more trek jy dalk jou hout-jas aan, dan’s dit te laat!

Groetnis van my en Nataniel.

xAx

 

 

 

 

Advertisements

One thought on “IN NATANIEL SE EIE WOORDE……

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s