1

EN WAT NOU??


Ok, so ek wil nie voorkom as ‘n “Spoiled Brat” nie. Ek het hierdie posstukkie ‘n paar keer begin en dan weer delete, want sien ek weet nie so mooi hoe om my gevoelens/boodskap heeltemal duidelik te maak nie. We’ll here goes…..

Ek wil/kan nie net ‘n Mamma wees nie.  Ek is baie lief vir al vier my kiddies en sal binne ‘n sekonde my lewe vir hulle almal gee sonder om eers daaroor te dink of te twyfel. Wat ek dus hier met my stelling bedoel is – ek wil Arnell ook wees. Ek wil Kobus se Vrou wees. Ek wil ‘n Kollega by die werk wees. Ek wil ‘n goeie vriendin wees! Met tye wil ek net wees…..

Ek het die laaste 10 dae besef dat al wat ek die laaste vier jaar was, was ‘n Mamma gewees. Met vier besige kiddies by die huis gaan dit meeste van die tye baie rof in ons huis. Dit maak my moeg, moedeloos  want al wat ek doen is gee in, en voer almal se bevele uit. Ek “please, en please en please” almal en alles net omdat ek vrede wil he. Nou vir julle almal wat kinders het besef dat hulle is baie slim en dit is presies wat hulle wil he, ‘n Mamma wat alles doen wat hulle vra. Eish!

Gistermiddag het ons die kiddies by die skool gaan haal. Hulle was so bly gewees om ons te sien. Maar binne ‘n uur toe is alles weer back to normal. Kinders wat demand en Mamma Arnell wat ingee. Ek weet ek moenie hieroor kla nie, want ek veroorsaak dit. Ek moet net NEE begin se en ‘n metode kry om dan met die gehuil en geneul saam te leef.

Om so baie kinders te he en vir elke een kwaliteit tyd te gee elke aand na werk is moeilik. Daar se ek dit – dit  is vrek moeilik en ek sukkel en suck big time!!!!! Mensies, ek kry dit nie reg nie. Vandat die kinders by die huis kom tot dat hulle gaan slaap is so 2 en ‘n halwe ure. In daardie tyd moet hulle bad, slaap klere aantrek, eet, bietjie speel. Ek moet hulle skooltasse regpak, klere regkry vir die volgende dag, kos maak, met Zander sy Spraakterapie huiswerk doen en nog 4 kinders “probeer” aandag en liefde gee. Ok – so hierdie gedeelte verg dan al my tyd as Mamma Arnell. Nerens hier is Kobus se naam eers genoem nie. Hoe pas hy in? Nerens hier het ek eers tyd gekry om gou toilet toe te gaan nie, te eet nie. Hoe pas Arnell tyd in? Meeste van die dae is ek so kapot dat teen 19h45 wil ek net in die bed kom en slaap. Nevermind iets eet, op die treadmill draf, TV kyk, bad of self iets lees. Ps: Weet iemand dalk van ‘n goeie Tonic?

Ek weet daar is baie erger dinge in die lewe. Maar, ek wil nie so lewe nie. Ek is dankbaar vir elke dingetjie wat ek het. Ek besef ook dat met ‘n bietjie hulp en leiding kan dinge verander. Op die oomblik voel ek soos ‘n hamster in sy hok wat  op sy wieletjie al in die rondte, al in die rondte hardloop en nerens heen gaan nie. Ek dink op die oomblik is my grootste vyand Tyd! Ek sal moet time management doen. Ek kan nie alles elke aand op een aand doen nie. Ek het al, maar ek wil nie meer nie!

Kobus het voorgestel ons stel ‘n rooster op. Hy wil weer begin oefen en gaan dus ook tyd alleen nodig he. Ek wil ook weer begin oefen, meer lees, langer bad en meer rus. Maar ek wil ook vir elke kind sy tyd alleen saam met my gee. Ek wil vir Kobus sy tyd alleen saam met my gee. Die laaste 10 dae was Kobus weer die Man waarop ek verlief geraak het 16 jaar terug. ‘n Rukkie terug het ek begin twyfel oor ons…..  Dit is nie hy nie, dit is ek. Al wat Kobus sien is iemand wat rondhardloop, skree en moedeloos is…. ek is seker hy het baie keer (miskien meer as wat ek dink of wil herken) begin wonder oor wat van Arnell geword het, die meisie van 20 op wie hy verlief geraak het 16 jaar terug. Ons/ek moet begin tyd maak vir ons, net ons 2!

Mensies, nou my vraag vandag is: “Nou wat nou?” Hoe verander ek alles? Want ek wil nie meer so aangaan nie. Ek is besig om myself te verloor.

Help!!!!!

Ps: Dit is oueraand vanaand. Oeps!!! Wish me luck.

Pss: Ek sal binnekort foto’s op my Blog en Facebook sit van ons onvergeetlike Thailand vakansie.

Psss: Dit gaan tonne beter met Pappa.

Pssss: Verskoon asb al die spelfoute, ek het te lank vakansie gehou. 🙂

xAx

Advertisements
0

BON VOYAGE……


En so het die tyd aangebreek om koebaai te se…. Leaving on a Jet Plane, don’t know when I’ll be back again.  Nee, mensies dit is darem nie vir altyd nie. Sien julle weer Maandag die 30ste Julie 2012.

Totsiens. Ta Ta. Bon Voyage. Koebaai. Ciao!

xAx

0

LIFE…….


When a bird is alive it eats Ants. When the bird is dead Ants eats the Bird! So time and circumstances can change at any time. Don’t devalue or hurt anyone in life. You may be powerful today but remember time is more powerful than you!

One tree makes a million match sticks… But when the time comes, only one match stick is needed to burn a million trees. Don’t judge me till you know me. Don’t underestimate me till you challenge me. Don’t talk about me till you talk to me. The world is full of haters. They will hate you. Rate you and even try to break you. But how you stand up to them will make you.

Let your hater be your motivator.

And that’s how life is……

xAx

0

HOLY CAMOULY…….


Holy Camouly…..

Oor twee dagies vlieg ons Thailand toe en daar is nog tonne goedjies wat ek en Kobus moet doen voor dan. But Boy, oh Boy as ek Saterdag middag 13h30 op Thai Air klim, weet ek alles gaan so die moeite werd wees. Ek is super opgewonde, bietjie nervous. Jy sien dit is nie net ek en Kobus wat op die vliegtuig klim en ons moet net bekommerd wees oor ons self nie, nee ons moet ook dink aan die vier kabouters wat agter bly. Soveel dingetjies wat gereel moet word, maar ek wil julle nie verveel met te veel detail nie.

Mensies!!!!!!! Oor 2 slapies is ons in Phuket. Nou dit is Ayoba!!!!!!

Toedels van ‘n super opgewonde Arnell.

xAx

2

WordPress op my BB..


Testing! Testing 1. Testing 2. And Testing 3. Mensies, ek is uiteindelik besig om my nuwe Black Berry se volle potensiaal te “toets”. Ok, om eerlik te wees om te kyk hoe tegnologies dom ek eintlik is. Kom ons kyk of dit werk, ek hoop so want dit sal my lewe baie makliker maak. Black Berry Bold (en wat jou nommer ookal is) I think I am in love with you. So treat me good?? 🙂 My getroue lesers en maatjie, please be patient with me. Toedels van ‘n bibber koue Johannesburg. xAx