GEEZ LOUISE!


Geez Louise!

Waar was ek die laaste 2 weke gewees, en waar het die tyd so gou verby gegaan?

As ek nou vir julle moet se dat die laaste twee weke was seker een van die mees stresvolle weke  in my lewe oorreageer ek gewis nie.  Kobus se Comrades het my 100 gryshare bygegee. Pappa se skielike  beroerte het my 10 jaar ouer gemaak. Alleen in Durban vir ‘n week sonder my man en kinders het veroorsaak dat my senuwee pille opgebruik is!  Maar ek kon ook darem deurslaap 🙂 Intussen is daar nog net ‘n week oor voor ons finansieele jaar einde en stock take en hierdie poppie het skaars al daaraan begin dink, wat nog daaraan begin werk! Eish!!!

Wat het nog gebeur die laaste 2 weke? Daar was Vadersdag gewees.  Ons 13jaar Huweliksherdenking. Kobus was in Durban gewees vir 2 dae….. Onthou nog my posstukkie van so 2 maande gelede?? Wel, hierdie keer kan ek darem se – na die laaste twee weke se stres was die 4 Bratz Lammetjies gewees. Geen Tantrum kon hierdie Mamma Arnell onderkry nie. 🙂 More ry ons Durban toe – net vir die naweek om vir Pappa te gaan kuier. Ek, Kobus en die 4’tjies. Mamma Arnell het nog nie begin pak nie, en hierdie naweek gaan ons leer om met die minimum oor die weg te kom. Is ek nervous? He’ll yes!! But, bring it on – hierdie poppie is reg daarvoor. Ek het ‘n nuwe Blackberry gekry en sukkel nog om alles reg te kry en te verstaan. My Laptop gee my probleme! En dit alles in 1 week.

Maar…… Ek is dankbaar….. Nee Mensies, ek is. Ek kla nie. Ek is nie kwaad nie. Inteendeel, ek is so bevoorreg WANT die laaste twee weke het ek meer met die Here gesels as ooit. Ons het special “Bonding Time” gehad en net dit is al klaar ‘n Blessing. Sien: Kobus het die Comrades voltooi. Pappa lewe nog. Ek het ‘n werk. Ek het vier stunning kiddo’s. Ons kan die naweek vir Pappa gaan kuier. Ek het ‘n Blackberry. Ek het ‘n Laptop. Ek het die Here as my beste Pappa en Maatjie. En wat ek besef het, is dat ek pretty ok is en ‘n Tawwe Tienie is – as ek een moet wees!

He He He…..

Daar het julle dit nou!

Ps: Ek wil nog so graag ‘n posstukkie doen oor Vadersdag, die Comrades en en en…..

Pss: Please stick around. Binnekort sal my volle aandag en liefde weer by julle wees.

Psss: Vandag oor ‘n maand vlieg ek en Kobus Phuket, Thailand toe. Jippy Doe Day!!!!!

Pssss: Dit gaan al tonne baie beter met Pappa. Baie dankie vir almal se gebede, liefde en ondersteuning.

Psssss: Ek moet nou gaan.

Pssssss: Ek dink ek het nou genoeg Ps gemaak. 🙂

Toedels tot ek weet nie wanneer nie.

xAx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s