SO VINNIG VERANDER ALLES……


Hello julle!

Ai, en daar verander my/ons lewe in nie minder as 24 uur nie. My Pa het verlede Dinsdag oggend ‘n massiewe beroerte gehad. My ma het my Dinsdagoggend 8 uur gebel en 12:30 was ek op die vliegtuig oppad Durban toe. Die laaste week is ‘n week wat ek NOOIT OOIT weer oor wil he nie. Ek kon nooit dink dat ‘n mens soveel vrees, onsekerhede, angs en spanning kan he nie. Kobus kon darem Vrydag deurkom om ons te kom help.

Dit gaan nie goed met Pappa nie en ‘n lang tydjie van herstel le voor. Tenmiste 6-7 weke van Rehab in die hospitaal waar hy intensief sal werk saam met ‘n Fisio, Spraak en Arbeidsterapeut. Op hierdie oomblik is hy nog nie buite gevaar nie, en tot dusver kon die Dokters nog nie vasstel wat die beroerte veroorsaak het nie. Hulle monitor hom deeglik om nog ‘n beroerte te voorkom.

Ek moes gisteraand terug kom Johannesburg toe. Dit het my hart gebreek om totsiens te se.  Ek is dankbaar dat Pappa vandag nog lewe en ons (almal) ‘n tweede kans gekry het.

Ek is nie kwaad nie, en vra nie vrae nie. Ek besef dat die Here ‘n rede het hoekom Hy toegelaat het dat dit moes gebeur het. Dit gaan nie help om nou antwoorde te soek nie, wat wel nou belangrik is, is dat Pappa moet gesond word. Ek glo met die Here saam met ons, sal Pappa ten volle genees. Dit was ook so wonderlik gewees om die laaste week te kon vashou aan die Here se belofte dat Hy ons nooit sal verlaat nie, nie in goeie tye of minder goeie/moeilike/hartseer tye nie. Dit was ook amazing gewees om vriende en familie se liefde en omgee die laaste week te kon ervaar. Ek se baie dankie vir ieder en elke een van julle.

Net ‘n paar foto’s van my stunning, amazing Pappa.

Ps: Pappa word asb gou gesond. Ons is baie lief vir jou en het jou nog baie nodig.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s