ME, MYSELF AND I – PART 2…..


Hi Vriende!

So… julle is seker nuuskierig oor wat ek die laaste 24 uur met my lewe gedoen het. Kom ek vertel….

Om 15hoo gister middag was dit huistoe gaan tyd vir my. Ek het my kantoor deur toegemaak en al my werksmensies gegroet. Oppad na my kar het ek gevoel soos Nelson Mandela moes voel in 1994 (ek dink dit is 1994 – skies nie so groot op die politieke ding nie!) Dit was my great walk to freedom. Gewoonlik as ek in my karretjie klim, voel ek en ry ek soos Schumacher altyd gery het toe hy nog met sy Rooi Ferrari bo aan die Formule 1 ranglys was. Want daar is altyd iewers om heen te gaan, iets om te gaan doen en natuurlik moet alles teen ‘n spoed gebeur as ek deur my middag wil kom voordat die vier monsters huistoe kom. Maar gister was anders. Gister was ek so rustig. Ek het gevoel soos “Driving Miss Daisy!”

By die (skoon) huis gekom het ek dadelik my werksklere uitgetrek en in ‘n gemaklike sweetpak ingeklim. Dat ek reg was vir hierdie avontuur is beslis. Eerste op my Agenda was die TV Remote, en kan jy nou meer…. DSTV het meer as 3 Channels. Du-ha!!!, en al die tyd is ek onder die indruk dat ons betaal al hierdie geld vir Disney Channel, Cee BeeBee en SuperSport. Nee, mensies! Daar was baie channels om van die kies. I need to talk to Kobus about this one! 🙂 Ek kon in vrede die Style Network kyk. Die Crime Channel. Die TLC Channel en die lys gaan aan mense.

Toe was daar natuurlik nog tyd om die nuwe People Magazine te lees en om nog ‘n bietjie op my Laptop te speel en te chat met my maatjies op Facebook.  Om 19H30 was dit tyd vir ‘n lekker warm bad. Ek kon rustig my beenhare skeer en het tot tyd gekry om my hare rustig te was en om condisioner op te sit! Ek kon my wenkbroue “groom”, en ek kon net le totdat my vel begin rimpeltjies maak. Oh, the joy’s of having “Me Time!”

 Om 20h30 was ek in die bed reg vir La La Land.. En ek het heerlik gedoeks. 🙂

Maar wat ek nooit geweet het, was dat ‘n huis kan so stil, koud en onpersoonlik wees nie.  Maatjies, so baie soos ek gisteraand geniet het, so dankbaar is ek vir my kroos en al hulle giggels en tantrums. My hart gaan uit na mense wat nie hierdie voorreg het nie. Vandag wil ek kom dankie se Here, dankie vir hierdie 4 blessings in my lewe. Soms – nee meeste van die tyd is hulle ‘n handvol, maar Here dit is regso. Eerder ‘n handvol en ‘n hartvol as om alleen te wees sonder hulle.

Ps: Now, don’t get me wrong…. Ek het gister moerse baie geniet. En ek dink daar moet ‘n Mamma Wet wees dat elke Mamma ten minste 1 keer ‘n maand ‘n “Me Time” dag he.

Pss: Vanmiddag 3 uur is ek op die vliegtuig, oppad na my kroos en Kobus.

Psss: Asb se ‘n gebedjie op vir Kobus vir Sondag. Hy het baie hard geoefen en baie ingesit. Ek bid dat hy dit sal geniet, maak nie saak wat sy tyd gaan wees nie. Ek sal julle op hoogte probeer hou.

Pssss: Ek wonder of die kids my mis!

Julle moet almal ‘n stunning naweek he.

xAx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s