0

GEEZ LOUISE!


Geez Louise!

Waar was ek die laaste 2 weke gewees, en waar het die tyd so gou verby gegaan?

As ek nou vir julle moet se dat die laaste twee weke was seker een van die mees stresvolle weke  in my lewe oorreageer ek gewis nie.  Kobus se Comrades het my 100 gryshare bygegee. Pappa se skielike  beroerte het my 10 jaar ouer gemaak. Alleen in Durban vir ‘n week sonder my man en kinders het veroorsaak dat my senuwee pille opgebruik is!  Maar ek kon ook darem deurslaap 🙂 Intussen is daar nog net ‘n week oor voor ons finansieele jaar einde en stock take en hierdie poppie het skaars al daaraan begin dink, wat nog daaraan begin werk! Eish!!!

Wat het nog gebeur die laaste 2 weke? Daar was Vadersdag gewees.  Ons 13jaar Huweliksherdenking. Kobus was in Durban gewees vir 2 dae….. Onthou nog my posstukkie van so 2 maande gelede?? Wel, hierdie keer kan ek darem se – na die laaste twee weke se stres was die 4 Bratz Lammetjies gewees. Geen Tantrum kon hierdie Mamma Arnell onderkry nie. 🙂 More ry ons Durban toe – net vir die naweek om vir Pappa te gaan kuier. Ek, Kobus en die 4’tjies. Mamma Arnell het nog nie begin pak nie, en hierdie naweek gaan ons leer om met die minimum oor die weg te kom. Is ek nervous? He’ll yes!! But, bring it on – hierdie poppie is reg daarvoor. Ek het ‘n nuwe Blackberry gekry en sukkel nog om alles reg te kry en te verstaan. My Laptop gee my probleme! En dit alles in 1 week.

Maar…… Ek is dankbaar….. Nee Mensies, ek is. Ek kla nie. Ek is nie kwaad nie. Inteendeel, ek is so bevoorreg WANT die laaste twee weke het ek meer met die Here gesels as ooit. Ons het special “Bonding Time” gehad en net dit is al klaar ‘n Blessing. Sien: Kobus het die Comrades voltooi. Pappa lewe nog. Ek het ‘n werk. Ek het vier stunning kiddo’s. Ons kan die naweek vir Pappa gaan kuier. Ek het ‘n Blackberry. Ek het ‘n Laptop. Ek het die Here as my beste Pappa en Maatjie. En wat ek besef het, is dat ek pretty ok is en ‘n Tawwe Tienie is – as ek een moet wees!

He He He…..

Daar het julle dit nou!

Ps: Ek wil nog so graag ‘n posstukkie doen oor Vadersdag, die Comrades en en en…..

Pss: Please stick around. Binnekort sal my volle aandag en liefde weer by julle wees.

Psss: Vandag oor ‘n maand vlieg ek en Kobus Phuket, Thailand toe. Jippy Doe Day!!!!!

Pssss: Dit gaan al tonne baie beter met Pappa. Baie dankie vir almal se gebede, liefde en ondersteuning.

Psssss: Ek moet nou gaan.

Pssssss: Ek dink ek het nou genoeg Ps gemaak. 🙂

Toedels tot ek weet nie wanneer nie.

xAx

Advertisements
0

GELUKKIGE VADERSDAG…..


Hierdie Sondag,  die 17de Junie 2012 is dit Vadersdag. Aan al die Pappa’s wil ek net ‘n baie Gelukkige Vadersdag toewens. Hoop julle word sommer tonne baie bederf. Dit is julle dag, geniet dit!

Aan Pappa Kobus wil ek net se – jy is die beste Pappa ooit waarvoor Quintin, Reinhardt, Zander en Dominique kon gevra het. Baie dankie dat jy hulle so lief het, en my so mooi help met alles. Ons hoop jy geniet Sondag! 🙂

Aan Pappa Arrie wat nog gesond word in die Hospitaal. My hart is baie seer dat ek nie daar kan wees nie. Baie dankie vir alles wat Pappa vir ons doen. Lief Pappa baie. Sien volgende week, ons sal opmaak daarvoor. Word gou gesond! Ek mis ons chats elke dag!!!!!!!

Net ‘n ietsie vir elke Pappa:

0

DANKIE BAIE!


Aan al my maatjies, baie dankie vir al die liefde en die omgee die laaste week met Pappa se beroerte. Ek waardeer dit  baie. Jammer as ek nie altyd al julle oproepe,  sms’e en BBM’s beantwoord het nie. Julle omgee gee vir my krag om aan te gaan en moed om te weet dat alles ok gaan wees.

Annette en Precious, baie dankie dat julle aangegaan het met my werk asof ek daar was en ek in ‘n kantoor kon instap en alles was op datum en perfek. Ek waardeer dit so baie.

Ek lief  elke een van julle.

Kobus, baie dankie vir alles! Jy is ‘n maatjie en man duisend. Ek weet nie wat ek sonder jou sou gemaak het nie. Ek lief jou tonne baie, jammer ek se dit so min.

Net ‘n ietsie vir julle my maatjies.

0

STUPIDITY AND THE “EVER WONDER”……


* Why do supermarkets make the sick walk all the way to the back of the store to get their prescriptions while healthy people can buy cigarettes at the front.

* Why do people order double cheeseburgers, large fries, and a diet coke.

* Why do we leave cars worth thousands of rands in our driveways and put our useless junk in the garage.

EVER WONDER…….

* Why the sun lightens our hair, but darkens our skin?

* Why can’t women put on mascara with their mouth closed?

* Why don’t you ever see  the headline “Psychic Wins Lottery”?

* Why is lemon juice made with artificial flavouring, and dishwashing liquid made with real lemons?

* Why is the time of day with the slowest traffic called rush hour?

* Why isn’t there mouse-flavored cat food?

* Why didn’t Noah swat those two mosquitoes? Why –  Noah, Why?

* My best ever – Why do they sterilize the needle for lethal injections?

Ps: Hope you had a bit of a laugh.

Pss: Smile Dammit! 🙂

 

 

0

SO VINNIG VERANDER ALLES……


Hello julle!

Ai, en daar verander my/ons lewe in nie minder as 24 uur nie. My Pa het verlede Dinsdag oggend ‘n massiewe beroerte gehad. My ma het my Dinsdagoggend 8 uur gebel en 12:30 was ek op die vliegtuig oppad Durban toe. Die laaste week is ‘n week wat ek NOOIT OOIT weer oor wil he nie. Ek kon nooit dink dat ‘n mens soveel vrees, onsekerhede, angs en spanning kan he nie. Kobus kon darem Vrydag deurkom om ons te kom help.

Dit gaan nie goed met Pappa nie en ‘n lang tydjie van herstel le voor. Tenmiste 6-7 weke van Rehab in die hospitaal waar hy intensief sal werk saam met ‘n Fisio, Spraak en Arbeidsterapeut. Op hierdie oomblik is hy nog nie buite gevaar nie, en tot dusver kon die Dokters nog nie vasstel wat die beroerte veroorsaak het nie. Hulle monitor hom deeglik om nog ‘n beroerte te voorkom.

Ek moes gisteraand terug kom Johannesburg toe. Dit het my hart gebreek om totsiens te se.  Ek is dankbaar dat Pappa vandag nog lewe en ons (almal) ‘n tweede kans gekry het.

Ek is nie kwaad nie, en vra nie vrae nie. Ek besef dat die Here ‘n rede het hoekom Hy toegelaat het dat dit moes gebeur het. Dit gaan nie help om nou antwoorde te soek nie, wat wel nou belangrik is, is dat Pappa moet gesond word. Ek glo met die Here saam met ons, sal Pappa ten volle genees. Dit was ook so wonderlik gewees om die laaste week te kon vashou aan die Here se belofte dat Hy ons nooit sal verlaat nie, nie in goeie tye of minder goeie/moeilike/hartseer tye nie. Dit was ook amazing gewees om vriende en familie se liefde en omgee die laaste week te kon ervaar. Ek se baie dankie vir ieder en elke een van julle.

Net ‘n paar foto’s van my stunning, amazing Pappa.

Ps: Pappa word asb gou gesond. Ons is baie lief vir jou en het jou nog baie nodig.

 

0

GOEIE MORE MAANDAG……


Hello julle!

Phew!

Die naweek is verby en ek is (alleen) terug in koue Johannesburg. Die naweek was heerlik/opwindend/scary/wow gewees. Ek wil nie te veel se vandag nie, bloot net vir die rede dat ek kapot is en ek glo niks wat ek gaan skryf  gaan sin maak nie. Ek belowe om iewers die week te vertel van Kobus se Comrades Poging 2012.

Ps: hy het dit darem gemaak 🙂

Pss: Ons het bitter min geslaap. 😦

Toedels julle mensies. Tot more of oormore. ‘n Mooi week vir julle.

xAx