DOMINIQUE……


Stil, stil het jy in ons lewens gekom. Pappa en Mamma het nooit vir jou gevra nie, en tog het Liewe Jesus goed gedink en jou vir ons gegee.  Ons het eers nie verstaan nie, volgens ons was ons gesinnetjie van vyf kompleet en het ons net weer begin om ons lewetjie wat onverwags omvergegooi is met 3 klein bababoeties terug te kry. En toe kom jy! Liewe Jesus het net geweet, Mamma Arnell kort ‘n dogtertjie en Quintin, Reinhardt en Zander ‘n cute, vriendelike sussie wat hulle siele nog gaan baie uittrek. En om nie eers van Pappa Kobus se Prinsessie Pienkie te praat nie! 🙂

Dominique jy is nou 2 jaar en 3 maande oud en die pragtigste dingetjie ooit! Mamma Arnell wil jou opvreet en daar gaan nie ‘n minuut verby wat ons, ons nie kan vergaap en lag vir jou spontane segoed nie.

Blog Vriende, ek wil graag ‘n paar goedjies met julle deel wat Madam die naweek kwyt geraak het. Geniet dit!

* “Moenie die lig afsit nie, Mamma…. Ek kan nie kyk nie!” Suster Dominique Sondag aand wat regtig nie lus of van plan was om te gaan slaap nie.

* “Kyk my oe, ek is nou kwaad!” Kobus raas met haar oor ietsie wat sy gedoen het. Sy vat haar vingertjies en trek haar ogies snaaks.

* “Reinhardt, kyk my mond. P-o-l-i-s-i-e-k-a-r!” Reinhardt het polisiekar verkeert gese, toe help sy hom net reg.

* “Zander, wil jy in die hoek sit?” Volgens Juffie Dominique is Zander stout.

* “Roomie, gaan jy langs my sit?” Ek het Sondagaand by haar in die kamer geslaap en Maandag oggend toe ek haar aantrek het ek haar Roomie (Roommate) genoem. Later die oggend by die Kombuistafel vra sy my toe dit.

Ps: Haar gunsteling liedjie op die oomblik is: “If you happy and you know it, clap your hands!” En tipies Dominique is sy so ‘n gelukkige, vriendelike dogtertjie.

Dominique’tjie Mamma Arnell en Pappa Kobus lief jou tonne baie.

Natbek Soentjies:

Mamma x

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s