RUGGA RUGBY: SATERDAG 26-05-2012


Ai mensies, en so breek die Trips se tweede Rugga Rugby Toernooi toe Saterdag aan. Uitgevat in hulle Springbok Truie (Pappa Kobus ook) arriveer die Botha’s by Baanbreker Skool – nadat ons ‘n verkeersboete van R400.00 gekry het, want Pappa Kobus het 72km in ‘n 60km zone gery – maar later hieroor!

Almal is so opgewonde en reg vir hul Rugby Dag. Die Trips se hoogtepunt was natuurlik toe hulle hul Rugby Afrigter (Oom Rugby) gesien het. Reinhardt het hom sommer gaan Hi Five!! En  dit is sommer net daar waar die opwinding en etoesiasme gestop het. Hulle is in spannetjies opgedeel en die Trips en hulle spanlede het wit hempies gekry om aan te trek. Die Trips se spannetjie was by verre die beste op die veld en het ‘n paar drie’e gaan druk – maar ongelukkig kan die Trips nie die glorie daarvoor vat nie.

Quintin is skynbaar nie Rugby Materiaal nie. Al hierdie maatjies wat mekaar omstamp en hardloop agter een stupid bal aan, staan hom nie aan nie. Zander geniet dit gewoonlik vreeslik baie, maar het Saterdag nie lekker gevoel nie en jy kon sommer op sy gesiggie sien dat hy siek is. Reinhardt het sy nefie Arno se gene en het dit baie geniet! Meeste van die tye het hy ook nie heeltemal geweet wat aangaan nie, maar hy het nie opgehou smile nie.

Die veldjie langs ons het daar tot ‘n geveg uitgebreek tussen twee rugbyspelertjies (hou in gedagte hulle is maar net 3 – 4 jaar oud). Eish! Nee, wat soveel geweld al laat my wonder……. 🙂

Ps: Dankie tog die Springbok Keurders vir 2030 was nie Saterdag daar nie. Ek glo nie na die Trips se performance sou hulle die span gehaal  het nie. En neem tog in ag, soos hulle altyd se:” Jy is net so goed soos jou laaste wedstryd”.

DIE TRIPS IN AKSIE:

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s