EK IS SUPER OPGEWONDE :-)


Oi! Ek weet nie wat gaan aan nie, maar dit is asof die “Fairy God Mother” deesdae haar towerstaffie heeldag al dag in my rigting swaai. No, don’t get me wrong! I like, I like!

Mensies, vir die eerste keer in ‘n lang ruk (en glo my Kobus kan dit beaam) is ek weer super gelukkig en opgewonde oor goedjies. Vir ‘n lang ruk (te lank) het ek net net aan depressie gevat. Nou vir julle wat my ken, sal dit seker nie glo nie (want Arnell praat nie, Arnell kla nie, Arnell huil nie) voor julle nie 🙂 Dingetjies het rof met tye gegaan. Dit is ‘n tyd wat ek nie graag oor wil he nie. Nie eers Kobus of die kiddies kon/het my gelukkig gemaak nie. Maar die Here werk in ‘n besonderse manier. Ek glo Hy laat toe dat alle mense verskillende Seisoene in jou lewe he. Jy gaan gelukkige, opgewonde tydjies he – maar ook hartseer, eina tye. Ek is bly om vandag te se: Ek is vandag gelukkig. Ek was gister gelukkig en ek weet sommer ek gaan more ook gelukkig wees en oormore en vir nou is dit meer as genoeg!

Vir nou wil ek net ‘n paar goedjies met julle deel wat my super opgewonde en gelukkig maak:

1. Ons het Selgroep vanaand, dit is die hoogtepunt (naas Sondagoggende) van my week.

2. Die Kiddies is so cute, hulle is gesond en ek geniet hulle meer en meer elke dag.

3. Kobus doen die Comrades oor 11 dae. Ek was nog nooit deel van die Comrades nie en kan nie wag nie. Ons gaan 6 mense wees wat hom die dag gaan ondersteun – sy eie supporters group NOGAL!

4. Ek het weer begin oefen en doen nou al ‘n 7km draffie maklik. Ek hoop om my eerste half marathon (21km) volgende jaar hierdie tyd te doen. En nee, ek wil nie vir goud gaan nie. Wil hom net klaar maak – vir eers.

5. Ek lees! Ek lees die Bybel elke aand en begin hom nou verstaan. Ek leef nou nader aan die Here as ooit en lief elke oomblik daarvan.

6. Ek en Kobus gaan Julie maand vir 10 dae Puket Thailand toe. Jippy Doe Day!!!!!!!!!!!!!

7. Ek is gesond. Ek het ‘n goeie werk. Ek het ‘n stunning, awesome, gorgeous man wat lief is vir my. Ek het 4 pragtige kiddies wat baie lief is vir my – al luister hulle nie altyd vir my nie. Ek het ‘n kar. Ek het ‘n huis.

8. Ek het vir Vivian, wat my elke aand so mooi help met die vier Monsters.

9. Ek het ‘n beste maatjie Mandy met wat ek alles kan deel.

10. Ek begin myself meer aanvaar. En werk daaraan dat ek nie so streng met myself moet wees nie. Ek IS  ‘n goeie Mamma. Ek doen altyd my beste. Ek maak foute (en dit is ok), ek gaan nog baie maak.

Ek gaan stop by punt 10. Ek wil julle nie verveel nie, maar skielik besef ek daar is nog baie waarvoor ek dankbaar kan wees en wat my gelukkig maak.

Ek besef oor ‘n rukkie/’n dag/’n maand gaan ek weer ‘n “af” tydjie beleef en weet jy wat? Dit is ok! Ek is ‘n Mamma van 4 kleuters, ek is ‘n vrou vir Kobus, ek is ‘n Kollega by Cu Al, ek is ‘n vriendin, ek is ‘n sussie, ek is iemand se dogter, ek is ‘n oor wat luister. Ek is baie dinge, en ek gaan moeg word, ek gaan hartseer word en dit is OK! Serious……

Maar vir vandag geniet ek my geluk, my vreugde en alles wat my super opgewonde maak! Fairy God Mother swaai jou towerstokkie……

Toedels.

xAx

Advertisements

2 thoughts on “EK IS SUPER OPGEWONDE :-)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s