‘n BIETJIE DEURMEKAAR….


Hellooha!

Skies, vandag se posstukkie gaan ‘n bietjie deurmekaar wees met ‘n bietjie van dit en ‘n bietjie van dat. Kom ons begin sommer met die goeie nuus….

Ek het gisteraand 7km op die treadmill gedraf. Ek was regtig nie lus daarvoor nie totdat Kobus my die keuse gegee het: Of ek gaan draf, of hy gaan draf en EK kyk na die kinders (wat beteken –  pas hulle op terwyl Vivian  hulle bad, gee vir hulle kos en kry hulle in die bed). Mensies, ek kon nie gou genoeg by die treadmill uitkom nie. 🙂

Nog ‘n brokkie goeie nuus is: ****** DRUM ROLLL ****** Ek het ‘n goeie idee gekry wat ek elke Donderdag op my blog wil doen. ***** KNYP MY ***** Hou hierdie Donderdag se  posstukkie dop! Ek is so opgewonde! Ai, soms net soms verstom ek myself aan hoe oulik en slim  ek eintlik is. He He He…. Speel net! 🙂

Vandag oor 4 maande is die Drieling 4 jaar oud. Ek is so opgewonde oor hulle Spiderman Partytjie Sondag die 23ste September. Ek tel al die slapies tot dan. Ek beplan alreeds hulle Spiderman Partytjie in my kop. Ek lief dit om partytjies te doen! Ps: Hulle is nou super cute en ek geniet hulle vreeslik baie.

As for their Sister Dominique…… O, Pappie! Ek sien, ruik en voel die Terrible Two’s. Jip, Suster Dominique is nou 2 jaar en 3 maande en sy toets ons –  Big Time!!! Al verskil met haar terrible two’s tantrums en daardie van haar boeties is, is dat dit baie meer DRAMATIES is! Sy is ‘n regte ou Drama Queen. Mmm…. wonder waar kry sy dit? 🙂  As jy met haar raas of haar ‘n sagte raps op die boud gee (wat natuurlik beskerm is deur ‘n Pampers doek) begin Suster skree asof Hitler se Nazi’s agter haar aan is.  Anders as haar boeties is aantrek tyd in die oggende baie stresvol (vir my natuurlik, suster voel ‘n veer). Sy besluit wat sy wil aantrek en meeste van die tyd is haar kleresmaak nog nie so goed nie, of kom ons stel dit so, sy kort nog ‘n bietjie hulp. Sondag het sy so mooi gelyk met haar bruin en rooi broekie saam met ‘n rooi trui, en net daar besluit Suster dat sy wil haar pienk “Gumboots” aantrek daarby. Hierdie “Gumboots” het ‘n cupcake met al die kleure van die reenboog op – alles behalwe natuurlik bruin en rooi! My senuwees! Gelukkig met die hulp van “ek weet nie wie nie” kon ek haar darem ompraat om haar mooi rooi kerkskoentjies aan te trek. Maar van gister af het sy weer die “Gumboots” aan. Ps: Kalm Arnell, wat maak dit tog saak…. Dit is tog net skoene! Pss: die ander dag is sy met haar swemklere bo-oor haar klere aan skooltoe!

Ek het gister die boek “Briewe aan God” begin lees. Die verhaal is geinspireer deur die trefferfliek “Letters to God” wat die lewe uitbeeld van ‘n seun met terminale breinkanker wat die siekte probeer verwerk deur briewe aan God te skryf. Briewe aan God is ‘n verhaal van lag, liefde en oorwinning. Bo alles is dit ‘n verhaal van hoop in alle omstandighede – die soort hoop wat gevind word in ‘n eenvoudige, kinderlike vriendskap met God. As ek terug dink in my eie lewe, is een van my grootste vrese dat my gesin gaan doodgaan en ek alleen gaan oorbly. Net die ander dag lees ek ‘n stukkie wat se: ” Fear of loss is the path to the dark side. Train yourself to let go of your fear of loss!” Ek probeer….. Ek kan nie wag om vanaand weer verder te lees nie. Ek trek nou by bladsy 53 en het al ‘n paar keer trane afgevee.

Vanmiddag gaan ek gou gou koffie drink saam met ‘n goeie vriendin Erika. Slegte nuus: Meneer Walsh by die werk het vir ons Kerrie gemaak met baie Garlic in. Oeps! Skies, Erika! Sit maar ver van my af.

Ps: Kobus, ek weet jy lees my Blog….. Nog net 12 slapies tot Comrades!

Toedels!

xAx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s