MOENIE ANGSTIG WEES NIE!


Gister was nie ‘n goeie dag by die skool gewees nie! Op Maandae kry ek vir Zander 14:40 by die Kleuterskool. Ek moet hom 15:00 by die Kinderkinetika he. Die skool weet ook dat daardie tyd moet hulle asb die ander twee weg hou dat hulle my nie sien nie. Maar die laaste 3 weke of so raak dit nou ‘n probleem en gister het dit ‘n bietjie hand uitgeruk met drie kleuters wat skree en huil. Skielik kan Quintin en Reinhardt nie verstaan waarom hulle nie saam met Mamma en Zander kan ry nie. Op die ou end is al drie saam na die Kinderkinetika toe. Wat ‘n ramp! Nie weer nie……

 Daar is ook ‘n nuwe Juffrou by die skool. Ek hou nie van haar nie, en ek dink na gister hou sy ook nie van my nie! Ek wil nie te veel in detail ingaan nie, maar ek hoop volgende Maandag sal dit beter gaan. Na gister se gaos en woordwisseling met die nuwe (onvriendelike, sarkastiese  juffrou) was ek die hele aand en vanoggend sommer lekker onsteld en hartseer. Ek bekommer my nou al oor skole. My kinders se toekoms. Bla Bla Bla.

Elke oggend saam met my koffie en beskuit by die werk lees ek my daaglikse dagstukkies. Vanoggend soos altyd wil ek my een boekie oop maak toe hy “van self” oopval op hierdie volgende bladsy: “Moenie angstig wees nie.” Ek deel dit graag met julle…..

Jesus het gese: “Moet julle daarom nie oor more bekommer nie. More sal sy eie bekommernisse bring.” As jou lewe onseker en vol probleme is, hou moed! God verwag nie van jou om jou hele lewe op een slag te hanteer nie. Trek vandag die streep vir jou vrese en emosies. Pak net een dag op ‘n slag aan. Of nog beter, ‘n halwe dag op ‘n slag! Bekommernis is ‘n vermorsing van die verbeelding.

So baie kere hoor ons in die Kerk of van mense se getuienisse dat die Heilige Gees direk met hulle gepraat het, of dat hulle die Here se stem duidelik gehoor het. As ek so iets hoor, is ek meeste van die kere so jaloers. Want ek wil dit het! Wel, mensies vanoggend het dit met my gebeur. Die Heilige Gees het hard en duidelik met my gepraat. Dankie Here, ek het gehoor en ek gaan luister!

Ek wil jou aanmoedig om net op vandag te konsentreer. Met God se krag en genade, sal jy dit maak. Kies om naby God te bly, want Hy het jou onvoorwaardelik lief en Hy belowe om na jou om te sien.

xAx

Advertisements

2 thoughts on “MOENIE ANGSTIG WEES NIE!

  1. Thank you for sharing!!! Just what I needed to hear!!! I am a Mom and have been a teacher at a daycare too.
    I understand why you don’t want the other two to see you leave BUT on the other hand they need to learn that they are individuals.Sometimes you won’t always do everything together. Maybe just chat to them all and explain why sometimes you together and sometimes you do things apart. Just my opinion!!! ( It doesn’t excuse the teacher’s behaviour though!!! You need to have a chat with her too!!!)

    • Hi Karyn….
      Thanks so much for your comment and input. I really appreciate it. So true…. I need to sit them down and have a bit of a chat that “almost 4 year old’s” will understand. Zander really needs this time alone and they just need to understand that, and not make it difficult for Mommy 🙂 And as you know kids can be very manipulated at times. Take care. Kind Regards, Arnell

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s