0

TRAIL TIMES……


Advertisements
0

DOKKIES EN HUIS OLIVIER……..


Vandag mis ek, verlang ek na my Kollege dae, my Koshuis dae by Dokkies (Durbanse Onderwys Kollege) en Huis Olivier!

Einde Januarie 1995 het ek saam met 300 Eerste Jaargroetjies my Onderwys studies by Dokkies begin. Ek het besluit om die JP Kursus (Junior Premer) te doen wat ingesluit het SP (Senior Premer) ook m.a.w. ek kon basies vir Kleuters van 2 jaar tot en met Std 5 (vandag se GR 7) skoolhou, alhoewel ek gespesialiseer het in die kleintjies (2 jaar – GR3).  Onderwys was nooit my ding nie, van dag 1 af het ek en almal om my dit ook geweet. My planne was om Maatskaplik in Wellington te gaan swot of na Pretoria se Polisie Kollege toe te gaan. Albei was ‘n big No, No vir my ouers. So Plan B was dus gaan swot Onderwys by Dokkies saam met Marlize, Adele en Nicolene. Vir my was dit in ‘n mate ‘n “Comfort Zone” ek is naby aan die huis en het ook maatjies wat ek ken. Eers sou ek en Marlize elke dag saam met Jacques (my boetie wat op daardie stadium Elektries in Durban geswot het) elke dag inry. Twee dae voordat ons by Dokkies moes aanmeld het ek en  Marlize ‘n groot argument met Jacques gehad  – hy was maar ‘n moeilik mens gewees (kan nie meer eers onthou waaroor nie) en net daar besluit ons Koshuis sal dit wees. Gelukkig het Huis Olivier nog plek gehad vir ons. My kamer was op die eerste vloer gewees, nogal langs Nicolene s’n. Kamer 117 en ons gang se naam was “Bugs”, orals op die mure was goggas, spinnekop prentjies ens…… Weird! Maar dit het stunning gelyk. So het ek toe my eerste jaar begin in Kamer 117 met ‘n foto van Alec in my Kamer Sleutelhouer. Almal kon sien hy was soveel ouer en wou altyd by my weet of hy my kerel is, ek wou ja se, maar nee hy was net ‘n baie goeie maatjie….. In die begin was dit maar moeilik gewees om aan die Kollege en Koshuis lewe gewoond te raak. Nicolene het nie lank gehou in die koshuis nie en bowenal April daardie jaar is Jacques gediagnoseer met Kanker! Dit was baie erg gewees. Binne vier maande het soveel dingetjies verander en ek en Marlize moes maar cope! Maar in daardie jaar het ek ook ander maatjies leer ken. Karin, Corne en Maureen. Almal het op dieselfde vloer in die koshuis gebly en ons almal het presies dieselfde geswot. Vanaf April daardie jaar tot die dag wat ons ons Diplomas gekry het, was ons 5 (Ek, Marlize, Karin, Maureen en Corne) onafskeidbaar.

 Ten spyte van die feit dat ek onderwys nie geniet het nie, en volgens my (alhoewel die Dosente van my verskil het) nie ‘n Onderwyser van ‘n dag oud was nie het ek baie goed gedoen. Die einde van my eerste jaar het ek 6 onderskeidings gehad. Well done, Arnell 1 down 3 to go! Jacques het al hoe meer agteruit gegaan en my Ma en Pa se aandag was die hele tyd by hom. Dit was moeilik gewees en om hom deur al die Chemo te sien deurgaan was aaklig.

Januarie 1996 en ek begin my tweede jaar. Wat ‘n verandering! Ons is nie meer Eerste Jaars nie! Ons kan nou meer aande laat uitbly en ons kan UITSLAAP! Wow!! Awesome!!! Ons is ook gelukkig want ons 5 het ‘n gang op ons eie (Die Spookgang). Hy is baie donker en het net 5 kamers. Nie baie populer nie! Ek weet nie hoekom nie, ons het daarna vir die res van ons Koshuisdae daar gebly vir 3 jaar almal in dieselfde gang en kamers. Karin was in Kamer 127, Corne in Kamer 128, Ek was in Kamer 129, Maureen in Kamer 130 en Marlize in Kamer 131. Baie aande sommer net vir die lekkerte het ons almal ons matrasse uitgedra en ‘n “Krismisbed” gemaak en daar geslaap vir die aand. Al probleem met ons Spookgang was dat ons hoofvak (JP) se onderrig kamer het reg op ons gang afgekyk. En omdat dit ons Hoofvak was het ons baie ure deur die dag daar spandeer, so as jy besluit het om die dag “te bank”, moes jy doodseker maak jy kom nie uit jou kamer nie want die Dossent en al jou ander klasmaats gaan jou gewis sien. Maar dit het ons (korreksie daar vir my en Karin) nie afgeskrik nie. Marlize, Corne en Maureen het NOOIT klas “gebank” nie. Ek en Karin gereeld! 🙂 In my tweede jaar het my pa vir my en Marlize elke een ‘n TV gekoop vir ons kamers. Dit was stunning gewees. Karin het ook ‘n TV gehad en elke middag 5 uur het ons in een van ons se kamers aangemeld vir die Bold & The Beautiful, The Day’s of our Lifes en 6 uur was dit Egoli tyd. Alec is ook daardie jaar getroud. Ek en Marlize was by sy troue gewees. Dit was pragtig gewees, maar vir my was dit soos ‘n Begrafnis gewees. Alec is getroud! Sy foto in my kamersleutelhouer moes uit! Aan die begin van my tweede jaar het ek ook vir Deon ontmoet. Op die 10de Februarie het hy my gevra of ek sy meisie sal wees. Ek het dadelik ja gese. Woensdae aande na 8 het hy koshuis toe gebel (dit was die dae voor selfone). Dit was die hoogtepunt van my week! Deon het ook gereeld vir my briefies geskryf en gepos na die koshuis en dit was wonderlik gewees as daar ‘n briefie was vir jou. Ek sou dit oor en oor lees. Dit was moeilik gewees, ons het mekaar nie baie gesien nie. Ek was in Durban en hy in Johannesburg. Akademies het dit weereens baie goed gegaan en ek het weereens ‘n paar onderskeidings gekry.

In my Derde Jaar het dit regtig nie goed gegaan met Jacques nie. Hy het al sy hare verloor en het opgehou geswot. Gelukkig het hy vinnig werk gekry by Toyota en hulle medies was goed gewees. Darem het dit verligting vir my ouers gebring. Dingetjies tussen my en Deon was ook nie meer waffers nie. Nie van sy kant af nie, van myne! Ek het hom gemis en wou nie so alleen gewees het nie. Die langafstand verhouding het vir ‘n jaar gewerk, maar nie meer nie. Ek wou meer he! In die middel van my tweede jaar het ek vir Kobus leer ken deur Karin. Ons het gereeld, seker so 1 keer ‘n week saam uitgegaan Klubs toe. Ons 5 meisies en Kobus. Hy was ons vervoer gewees. Marlize, was mal oor hom gewees. Vir my was hy net ‘n vriend. Tot 1 dag…. Skielik het ons albei besef ons het gevoelens vir mekaar en dat ons gaan probeer. Ek het uitgemaak met Deon en dadelik in ‘n verhouding ingestap met Kobus. Goeie ding want hierdie jaar is ons al 13 jaar getroud! 🙂 Kobus het dadelik van my familie gehou en my ma en pa was mal oor hom gewees. Ek kan bitter min van my koshuis dae na dit onthou want ek was elke aand uit saam met Kobus. Durban se Strandfront was ons tweede huis. Wonderlike tye daardie! Kingspark was ons Saterdae Tuiste. Kobus het Seisone kaartjies gehad en ons sou elke Saterdag na Saterdag die Sharks Wedstryde kyk. Ek het min tyd by die huis spandeer, wat goed was. Want dit was nie meer lekker nie. Jacques was baie siek gewees en bleddie moeilik ook gewees!

1998 en ek begin my Vierde Jaar by Dokkies en Huis Olivier. Gou het ek besef daardie jaar gaan dit dol gaan en dit het! Maar ek het ook besef dat die einde van my “Sprokie Lewe” het begin. Oor minder as ‘n jaar moes ek begin werk, en Onderwys sou dit nie wees nie. Ek en Kobus was nou amper dag en nag saam. Dit was so lekker gewees en ons het nooit baklei nie. Regtig, Nooit! Julie daardie jaar,  (ons was op vakansie gewees, die Kollege en Koshuis toe) het Jacques een aand ‘n hartaanval gehad in die bad. Ons het die Ambulans gebel en binne minute was hulle by ons huis. Hulle het met hom gejaag Westville Privaat Hospitaal toe, met my ma en pa agter hulle aan in hulle motor. Ek en Marlize het by die huis gebly en Kobus was oppad na ons toe. Daardie dag het ons geweet Jacques sou nooit weer huistoe kom nie. Hy het ook nie! Vrydag die 4de September 1998 het hy in ‘n Koma gegaan. Ons was die hele naweek by hom in Hospice gewees. Sondag aand die 6de September net voordat ek, Marlize en Kobus wou ry het hy “wakker” geword en gevra of hy vir ons elke een ‘n drukkie kan gee. Die volgende oggend, Maandag die 7de September 1998 om 09:00 is hy oorlede. Drie dae voor sy 24ste verjaarsdag. Hy is op sy verjaarsdag 10 September 1998 begrawe. Dit was presies net ‘n bietjie meer as ‘n maand voordat ons met ons groot finale eksamen sou begin het. Dit was moeilik gewees, maar ek en Marlize het deur gedruk en tenspyte van alles daardie eksamen baie goed geslaag met onderskeidings. Kobus het my ook verras en die 9de Oktober 1998 het ons verloof geraak. 🙂

Ons was klaar met Dokkies. Ek het uigetrek uit Huis Olivier. Marlize het Newcastle toe getrek. Karin is London toe. Corne Kaapstad toe en Maureen Richardsbaai toe. Net ek het oorgebly! Ek het ‘n pos gekry by Port Natal Kleuterskool en het vir die GR R’S skool gegee. Terrible gewees! My sesde sintuig was reg, ek was nie ‘n Onderwyserres nie. Ek wou nie skoolhou nie. Junie daardie jaar is ek en Kobus getroud. Januarie die volgende jaar het ons Johannesburg toe getrek, waar ons nogsteeds bly. Ek doen Admin en hou nie skool nie. Jippy!

Daar het julle dit mensies. My lewe by Dokkies en Huis Olivier. Eendag sal ek julle nog alles vertel. Ek was nie ‘n Model A student nie. Ek het nie elke klas bygewoon nie. Ek het altyd my take tot op nommer 99 uitgestel en dan moes Marlize en Kobus deur nag om my te help om klaar te maak daarmee. En om nie eers van die Wiskunde te praat wat ek vanaf my Tweede jaar gesleep het nie. Arme Kobus! ‘n Grade Boog en Passer kan ek nou nog nie werk nie! Maar tenspyte van Jacques se siekte en dood,vier jaar wat ek “gemors” het in ‘n rigting wat ek geweet ek nooit sou werk nie, was my vier jaar by Dokkies en Huis Olivier die beste van my lewe! Ek mis my vrye tyd. Ek mis my maatjies. Ek mis my koshuiskamer en glo dit of nie ek mis die koshuiskos!

0

EEN VAN DAARDIE “WOW” OOMBLIKKE…..


Wat is die toppunt van opgewondenheid, verbasing, een van daardie ” Knyp my! Kan dit wees? Ek kan my oe nie glo nie!” oomblikke? Nee, nie as jou toekomstige Man jou vra om te trou nie. Ook nie die eerste keer as jy in jou eersteling se ogies kyk en jy weet dat jou lewe van vandag vir ewig verander het nie. Nee Mensies! Dit is die oomblik as jy vrek koud kry. Jou dag het op alle vlakke SO verkeert begin vanoggend. Dit reen buite. Jou kinders is siek, en al wat jy wil he is ‘n sjokolade wat jy weet jou sommer binne ‘n jap trap sal laat beter voel, maar jy weet ook voor jou heilige siel dat jy nie een het nie.

En dan…… Maak  jy jou onderste laai oop, opsoek na ‘n liniaal en daar WHOLA le ‘n TV Bar en kyk vir jou en smeek  jou: “Arnell, maak my oop. Eet my! Ek is joune!”

Holy Kamoulie! NOU! Dit is een van daardie Wow oomblikke (ok, miskien net vir vandag, vir nou).

Ps: Die TV Bar was heerlik gewees.

Pss: Ek voel beter! 🙂

Toedels!

xAx

1

DREAM TEAM…….


Ons Seuntjie Zander is op 32 weke gebore en het net 1.1Kg geweeg. Hy was die kleinste en swakste van die Drieling gewees. Die eerste drie dae van sy lewe kon ons hom nie eers vashou nie. Hy was in NICU gewees onder “Glad Wrap” gele vir meer as ‘n week. Die eerste keer wat ek hom gesien het, het ek nie geweet hoe ons hom ooit sou groot kry nie. Ek onthou nog goed, die eerste paar dae van sy lewe kon hy net 3ml’s melkies elke 8 ure drink en dit verteer. Elke dagie het dit stadig maar seker meer geword.

Na presies 40 dae in Neonatal het Zander huistoe gekom. Dit was moeilik met hom gewees. Weereens was hy soveel anders as sy twee Boeties gewees. Dit het hom twee en ‘n halwe uur gevat om 70ml’s melkies in te kry. Soms het hy verstik en Mamma Arnell se senuwees was op! Maar namate hy groter geword het, het hy sy boeties begin opvang. Hy was nou wel nie die een wat eerste gesit het nie, of wat die eerste tandjie gekry het nie. Hy het ook seker ‘n maand na die ander twee’tjies eers begin loop. Fisies was hy ook altyd kleiner en maerder as die ander twee. Met die praat en woordjies se het dit ook maar baie stadig gegaan. Op twee kon hy nog nie eers Mamma op Pappa se nie.

Verlede jaar Januarie het ons hom by ‘n Spraakterapeut en Bionetikus gehad. Dit is nou die tweede jaar en met ‘n bietjie veranderinge, ‘n nuwe Spraakterapeut en Juffrou begin ons resultate sien. Hy is twee keer ‘n week by die Spraakterapeut en ook twee keer ‘n week by die Bionetikus.

Mensies! Ek dink ons het ‘n DREAM TEAM hier. Liezel die nuwe Spraakterapeut is FENOMINAAL. Sy spraak het van 0 tot ‘n 100 gegaan in basies 2 maande. Elsu en Heide-Mari by die Kinderkinetika verrig net sulke wonders en die beste van alles is, Zander geniet dit baie. Juffrou Elize by die Kleuterskool is fantasties en sy help hom so baie. En dan Mamma Arnell….. Ek probeer elke aand met hom sit vir so 40 minute. Dan doen ons “skoolwerk”. Die ander drie’tjies weet ook, dit is Zander en Mamma-tyd. In daardie tyd sal ons nuwe woordjies aanleer vir die week (soms tot 14 nuwe woordjies). Ons sal sinnetjies oefen, asook klankies oefen. Ons bou legkaarte, ruig blokkies, gooi en vang bal. Tel op die telraam. Doen kleur en vorm herkenning. Tydens alles is Zander so behulpsaam, hy werk so mooi saam en kla nooit.

So twee aande gelede het ek en Kobus altwee opgemerk dat Zander skielik begin groei. Hy lyk sommer soos ‘n regte seuntjie. Ons vermoede was reg. Zander is langer as sy oudste Boetie Quintin. Quintin was altyd baie groter en swaarder as die ander twee boeties. En die ergste van alles is, Zander weeg nou maar net ‘n kilogram minder as Quintin. 🙂

Julle, ons mag nou wel die DREAM TEAM hier het, maar die eintlike Kampioen is Zander! Zander, Mamma en Pappa is so trots op jou!

Dankie Liewe Jesus dat jy hierdie spesiale mensies in ons en in Zander se lewens gesit het. Dankie dat hulle ons help en Here, ‘n groot dankie vir hierdie spesiale Seuntjie.

Die doek wat hy op hierdie foto aanhet is ‘n “Little Miracle” doek wat ons nog moes omvou. Hy het hierdie doeke gebruik tot net voordat hy 3 maande oud geword het daarna kon ons aangbeweeg na Pampers se Nommer een doek (New Baby) 🙂 Jy kan ook die “Glad Wrap” duidelik sien op die foto. Dit is gebruik om hom warm te hou en te verseker dat sy liggaamstempratuur konstant bly.

xAx