SONDAG: 11 MAART 2012… DIE BEGIN VAN MY MARATON LOOPBAAN…


En so breek my groot dag aan waarvoor ek ‘n week en ‘n half lank geoefen het. ‘n Hele totaal van 23km is afgele – net ek, my Ipod en die Treadmill.

Tipies Botha Styl is die wekker die aand voor die tyd gestel vir 03:30. Groot voorbereiding is gedoen die Saterdagaand. Pasta vir Carbo-Load, Lucozade vir energie. Voltaren Emugel Jel vir die seer enkels en kniee. Hardloop klere en my nuwe paar tekkies is uitgesit en 08:00 was dit bed toe gaan tyd. Sondag oggend voor die resies (let wel die klem op resies en nie”fun run” nie) is daar ‘n piesang geeet, nog Lucozade gedrink en ook ‘n “Pure Protein” Sjokolade Stafie verorber. Dat ek reg was vir hierdie avontuur was gewis!

Presies 04:30 verlaat ons die huis. Kobus is doodstil in die kar. Ek voel naar! Met my nuwe pienk en swart draf outfit is ons al voor 5 by die stadion. Dit is ‘n miernes van mense. Mensies, nou raak ek erg benound. Maar skielik tref die natuurlike instink van oorlewing my. Ek maak my skouers regop en loop met ‘n huppel in my stap langs Kobus soos ‘n wafferse atleet, asof ek dit elke dag van my lewe doen. Ek geniet die oomblik, ek is fiks! Ek is ‘n atleet! Ek gaan vir goud en gaan my beste PB (Personal Best) tyd vandag doen.

Om 06:15 gaan die geweer skoot af. Kobus en Shane se 42km van “hel” het aangebreek. Dan om 06:20 begin die 21km. En uiteindelik 06:25 is dit ons beurt. Ek en Mandy lyk tog te fraai in ons pienk hempies en swart broekies. Lieflik, lieflik. Ek kyk om my rond en sien skool kinders, ‘n seuntjie wat nie ouers as 6 kan wees nie. Dik Oomies, Dik Tannies, Mooi meisies, lelike meisies ens, ens. Voor ons is daar ‘n groepie “Walkers”. Ek kyk na Mandy en ons altyd het dieselfde idee, kom verby hierdie “Walkers” of ons kom eers vanaand by die huis. En skielik gebeur dit….. ons gaan in “overdrive” en begin draf….. Pappie, so asof ons dit al voorheen baie gedoen het (dink: Forrest Run, Run Forrest…. met Tom Hanks).

Kyk nou hier, dat ek nou nie vir julle jok nie…. Die eerste meer as 2km is afgele in nie minder as 13 minute nie. What a breeze……. Maar toe….. Ek het baie gesukkel tussen die 3km en 4km merk. Maar gelukkig met Mandy en al die ondersteuners langs die pad (het met tye soos ‘n regte “Celeb” gevoel) het ek die laaste kilometer met grasie aangedurf. Die gevoel toe ons die stadion ingaan en weet oor minder as 400m is ek klaar was wonderlik gewees. Met tye het ek vir Mandy gesmeek:”Asb, ek hou jou op, gaan jy!” Maar nee, sy wou van niks weet nie. Ons het hierdie resies saam begin, ons gaan hom saam eindig! Hoe sweet…….. Mandy, as daar ooit ‘n oorlog uitbreek gaan ek saam met jou. For better or worst! Elk geval, terug na my storie…….. 35.25 Minute later hardloop ek en Mandy hand-aan-hand oor die einde. Ons doen dit met grasie en kry nog tyd om vir die kamara man te glimlag. Ek hoor “Charets of Fire” speel in die agtergrond (mmmm… miskien was dit in my verbeelding), maar daardie oomblik was alles reg, alles was mooi en alles was so perfek gewees!

We’ve done it! Mensies, wat ‘n feeling…… Ons albei kry ‘n medalje en Energade. Ek wil net weg kom van die skare wat teen hierdie tyd om ons drom, wat wag vir ons handtekeninge…… want met alles wat ek die vorige aand en oggend ingeneem het, is ek so bang daar is dalk ‘n ou tent waar ek my urine stampeltjie moet gaan gee en kan jy jouself voorstel dat ek geskors word van Atletiek Suid-Afrika nog voordat my atletiek loopbaan eers begin het.

Julle, hierdie dag sal gewis afgaan as een van my bestes ooit. ‘n Dag wat ek iets gedoen het, wat ek nooit sou dink ek sou doen nie. Well done, Arnell!

Ps: Het ek genoem ons het ‘n 5km “Fun Run” gedoen? 🙂

Advertisements

2 thoughts on “SONDAG: 11 MAART 2012… DIE BEGIN VAN MY MARATON LOOPBAAN…

  1. Aaah, you’re an inspiration Girlfriend! Your story is well written, I can actually visualise the whole scenario.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s