0

MONSTERS ALERT!!!!!


Ok, so die saak staan so… Kobus gaan weg wees van die huis af vir meer as 24 uur! Mensies!!!!!!!!!!!!! Paniek! Gaos! ‘n Huilende Mamma Arnell (met ‘n paar onnodige vloekwoorde) is wat ek vir die volgende 24 uur + voorspel. Sien die saak staan so….. Kobus hou die huishouding aan die gang. Ja – ek is goed om vir alles en almal te sorg, seker te maak die kiddies se skool sakke is gepak. Hulle het 3 etes per dag. Genoeg snacks en drinkgoed tussen in ens, ens, ens…. MAAR – as dit by dissipline kom, is ek ‘n “walk over”, hulle luister dood eenvoudig net nie vir my nie. Om hulle te kry om te eet, te bad, te gaan slaap is ‘n Mission en ‘n half. Met my vat hulle kanse nog voordat jy die woord kans kan se. Met Kobus sal hulle twee keer dink. En glo dit of nie, Kobus raas bitter min met hulle. Hy gee hulle omtrent nooit pak nie. Ek in die ander kant is gou om ‘n klapie op die boudjie te gee en skree soms soos iemand wat ‘n gas kan wees op Jerry Springer!

So, ek het besluit….. Ek het ‘n paar ure voordat ek die Monsters gaan haal by die skool. Strategie Arnell! Dink, beplan! Maar na hierdie naweek sal jy die Ultimate Survivor wees. Jy sal die vier Botha Monsters Outwit. Outplay. Outlast. You, Arnell Botha will be the ULTIMATE SURVIVOR van Benoni!!!!!

Mmmmm… what to do!

 Plan A. Praat saggies en mooi met hulle. Play with their minds. (hoe nou????) Mmmmm….

Plan B. Wees soos ‘n Hitler. “Julle sal doen wat ek se!!!!!!” Dink Bootcamp!!!!!

Plan C. Gee in, en kyk hoe hulle die huis in nie minder as 24 uur afbreek. Nie my probleem nie! Kobus, wou mos weg gaan vir meer as ‘n uur. (24 uur om presies te wees).

Plan D. Bel ‘n Nannie Agendskap en kry ten minste nog 4 nannies om vir Caroline en Vivian te help! Gebruik Kobus se Kredietkaart – hy wou mos weg gaan. 🙂

Plan E. Drink ‘n boks Calmettes!

Plan F. Drink ‘n boks vol Red Bulls!

Plan G. Drink Calmettes saam met Red Bulls!

Plan H. Sit in ‘n bondeltje alleen in ‘n donker kamer en weier om uit te kom voor Maandag!

Plan I: Nie een van die bogenoemdes nie!!!!! HELP!!!!!!!! Vinnig wat is die nommer vir 911???????????

Ok, mensies op daardie nood draai my maag. Ek het hardkloppings en ‘n angs aanval dreig! Wish me luck!

Signing off: ‘n Baie benoude Mamma Arnell

Advertisements
0

DANKIE HERE VIR VIER VOLMAAKTE KLEUTERS……


Here, so baie kere raak ek so kwaad en moeg as die kinders so baklei. As hulle so besig is en nie vir my wil luister nie. As hulle moeg en moeilik is en elke een sy eie ding wil doen op sy eie tyd.

Maar Here, vandag gaan ek op my kniee en se dankie vir hulle. Dankie vir vier volmaakte kleuters. Dankie dat hulle kan loop. Dankie dat hulle kan praat. Dankie dat hulle kan rondhardloop en speel. Dankie dat hulle my baie liefhet en nie my foute raak sien nie.

Dankie Here, dat ek daagliks so baie by hulle kan leer. By hulle leer ek  hoe om onvoorwaardelik lief te kan he. Om in ‘n oogwink te vergeet en te vergewe. Hoe om elke minuut van elke dag ten volle te leef en te geniet. Hoe om my nie te bekommer oor die dag van more nie. Dat ‘n drukkie en soentjie ALLES kan regmaak.

As ek deur my kinders se oe moet kyk, sal ek werklik eers kan verstaan  hoe min hulle werklik vra en hoe eenvoudig hulle behoeftes werklik is. Miskien is dit net ons “groot mense” wat alles so ingewikkeld maak. Al wat werklik saak maak is liefde, ‘n warm bad, kossies en ‘n warm bedjie om in te slaap. En natuurlik ‘n sterk Pappa en liefdevolle Mamma wat ‘n drukkie kan gee en die groot Monsters kan wegjaag in die aand as die nagmerries pla.

Here, daar is nog so baie wat ek by my vier kiddies kan leer. Baie dankie vir hierdie vier Blessings wat U aan my en Kobus geleen het. U het ons sowaar bederf! Here, help my om die Mamma te wees wat ek graag wil wees. Ek sukkel nog daarmee, Here. Maar U ken my hart en ek weet dat U my altyd sal bystaan. Dankie dat U ons met U vier kosbare besittings vertrou.

Amen x

0

MATIESOUS! :-)


All Gold, All Gold, taste real good!

Ja, Dames en Heere. Reinhardt en Zander het Tamatiesous ontdek. En as ek praat van ontdek bedoel ek behoorlik ontdek! Tamatiesous op brood, tamatiesous met hulle viennas, visvingers, chips, chicken nuggets. Op alles! Mmmm….. wat my laat dink? Wanneer gaan hulle dit op hulle Cereal wil he…. Quintin, het hierdie “nuutjie” nog nie getref nie, maar ek is ook nie verbaas nie, want glo dit of nie – dit bly maar ‘n morsige besigheid en die tipe (O, so netjies kind) wat Quinty is, dink ek nie sien hy kans vir hierdie gemors nie. Sy hande moet toeka altyd skoon wees.

Zander wat se spraak die afgelope paar weke so verbeter het (Ai, ek is so TROTS op hom) kan met gemak die woord MATIESOUS se. Ek lag net, want julle verstaan nie hoe makliker maak dit my lewe nie. Vanmiddag gaan ek nog ‘n paar bottels, nee maak dit bokse vol Tamatiesous koop. 🙂 Die persoon wat Tamatiesous uitgedink het: Bless your Soul!

Op ‘n ander nood. Die naweek was dit net ek en Kobus en die Kiddies gewees. Geen Vivian en Caroline nie. Dit het soos ‘n berg vir my voorgele…. Maar ek moet se, dit was regtig baie lekker gewees. Die Kiddies was stroopsoet gewees.  Vandag het ek weer moed vir hulle. Vandag glo ek weer dat ons besig is om te wen en dat naweke eintlik Fun kan wees. Miskien, en ek hoop om dit te glo is ek dalk soos Marlize wat my kiddies eers later toe hulle ouer en meer selfstandig begin raak het regtig begin geniet het. Miskien is ek eerder ‘n Kleuter Mamma as ‘n Babetjie Mamma. Ek hoop so!  Ek hoop ons sal sommer weer binnekort so ‘n lekker, rustige naweek he. Net ons 6 alleen!

‘n Mooi week vir jou!

Toedels.