1

OH.. TREADMILL… MY GOOD OLD FRIEND!


Mensies! Mensies! Wat het ek gedoen?

Ok, die saak staan so…. Oor presies 2 naweke hardloop/loop/kruip/rolstoel ek en Mandy ‘n 5km wedloop. En raai wat hoeveel het ek al geoefen? Zilts! As ek dit dalk te sag gestel het, hier kom dit weer: ZILTS, FOKKOL, BOGGEROL!!! Get the message?

So gaan google ek toe die woord Treadmill (ons het ook so iets, iewers in ons “gym” kamer) en kom toe op die volgende prentjie af (sien onder die geskryf).

En die beste van alles is, dit wys jou tot hoe jy die treadmill moet gebruik. Ai, ai…. ek het nooit geweet dit is hoe ‘n treadmill werk nie. Geen wonder so baie ander mense geniet die treadmill so baie nie, en ek is die enigste een wat sukkel. LOL…

Nee mensies! Op ‘n meer ernstige nood.. Ek moet oefen, vinnig ook of Sondag die 11de Maart 2012 is Linksfield Hospitaal my voorland.

Toedels vir nou. Ek moet gou die treadmill manual bestudeer! Hou hierdie “spot” dop. Sal laat weet hoe my eerste treadmill sessie in maande gegaan het.

xAx

Advertisements
1

EK IS MOEG!!!


Ok! So ek is in ‘n baie donker plek op die oomblik. Ek cope nie! En dit maak my baie hartseer, want ek voel al so vir ‘n baie lang ruk. Ek weet dit maak Kobus baie hartseer en ontstel hom dat ek so voel. Hy probeer so hard van sy kant af, maar die punt is – wat kan hy doen? Niks! Regtig waar net mooi niks!

Dit is vir moeilik om so aan te gaan. Maar eerlik waar, ek weet nie meer watter kant toe nie. Die 3-ling gaan deur ‘n moeilike stadium op die oomblik. Trantrums en terug praat is deesdae heeldag op hulle agenda. Goed! Wat doen ons daaromtrent? Skreeu, slaan? Of moet ons net laat los en besef dat dit is wat 3-jariges doen, en dat dit ook sal verby gaan? Niks wat ek doen is reg by hulle nie. Genade, ek weet nie eers wanneer laas het 1 van hulle vir my uit hul eie dankie gese as ek iets vir hulle doen nie. Mensies, dit maak seer!

Almal wat my ken, sal saam stem dat ek ‘n “hands-on” Mamma is. My kinders kort niks en het meeste van die tyd meer as wat hulle werklik nodig het en het ook altyd die beste van alles. Ek gee vir hulle baie liefde. Maar O Wee! Nie eers dit is goed genoeg nie. Ek besef hulle is net 3, maar nogtands. Gee hierdie Mamma net ‘n breek!!!!

Hier kom dit! Ek is jaloers! Jip, daar is dit nou…. Ek wil die geduld en krag he wat my ander vriendinne met hulle kinders het. Ek wil n bietjie “Me Time” he. Nee, ek praat nie na 8 in die aand nie, want dan is ek kapot en wil net gaan slaap. Net om weer more oggend aan te gaan soos die voriges.

Ek is bitter! Want die Here weet, so wil ek nie aangaan nie. Dit kan mos nie die lewe wees nie. En vir een keer in my lewe gaan ek nie omverskoning vra vir hoe ek voel nie. Ja, ek is ‘n Mamma van 4 klein kindertjies, maar ek is ook net Arnell. Iemand wat 35 jaar oud is. Iemand wat ook net liefde, omgee en aanvaarding soek. Iemand wat ook net wil he dat ander haar moet lief he, met al haar foute en wat nog alles. Hoekom moet ek altyd verduidelik en myself verdedig en skuldig voel as ek ‘n “af” dagie he. Basta daarmee! No more!

Bottom line! Ek vra net vir ‘n bietjie rustigheid, soet kinders en meer tyd saam met Kobus. Ek mis hom! Ek voel so alleen…. Ek weet die kinders is deel van ons. Ons verantwoordelikheid. Maar wat het van Arnell en Kobus geword. Die pragtige paartjie wat nou Sondag 15 jaar saam sal wees…..

Asb, Here! Ek weet jy lees my Blog. Flip, ek weet jy weet eerste nog voordat ek dit neergeskryf het wat ek gaan se. Here, ek vra net: Asb, help my uit hier! Gee vir my ‘n uitkoms en vooruitsig. Ek kan nie meer nie, en wil nie meer so aangaan nie. Maak die kinders soet, gee my asb kalmte en skakel my humeur knoppie af (gooi hom sommer weg).

Ps: En asb Here, as dit nie te veel gevra is nie…….. Help my om 7kg te verloor. Maak asb al die Coke fabrieke toe. Asb!!!!!!!!