HELLO KITTY = SATANISTIES!?


AH, PLEASE MAN!!!!

Voordat ek hierdie inskrywing begin, wil ek net noem dat ek asb nie op enige iemand se tone wil trap nie. Hierdie is slegs my opinie en dit is my Blog, so ek kan seker skryf wat ek wil. 🙂

Daar is nuwe emails in die omloop dat  Hello Kitty Satanisties is en dat ons onskuldige kinders daarby ingetrek word. Don’t get me wrong – daar is seker sulke dinge, miskien hou daardie betrokke Satanis van Hello Kitty, of Spiderman of wat van die karakters van Toy Story? Ek voel net dat iewers moet ons as ouers die streep trek. Moet ek nou skielik al Dominique se Hello Kitty goedjies by die deur uitgooi en haar Hello Kitty Partytjie kansaleer omdat sommige mense dink dit is Satanisties. Mmmmm….. Ek dink nie so nie. Bottom line, dit bly elke persoon se eie opinie. Dit is ons as ouers se plig om ons kinders van die Here te leer. Kinders is kinders en hoekom hulle nou weerhou van Hello Kitty, Tinkerbel, Barbie, Feetjies en Butterflies en, en, en, wat nog? Ai, hulle word so gou groot en miskien is ek heeltemal verkeert – maar volgens my is daar NIKS verkeert met Hello Kitty, Tinkerbel, Barbie, Feetjies en Butterflies nie. Inteendeel ons het met dit alles groot geword en volgens my, is ons ok. Miskien moet ons, ons kinders meer geniet en meer saam met hulle “kindwees” as om ons te steur aan al die emails wat die ronte doen. Net my opinie?

En dan – nog ‘n ding wat ek ‘n kleintjie-dood het, is as mense my bel en se hulle het my nommer by ‘n vriend of vriendin gekry en wil net die volgende: XWZ aan my verkoop. Ai, mensies – as jy nie belangstel nie – MOET ASB NIE MY NOMMER VIR HULLE GEE NIE! ASB!!!!!!!

Ok! Nou voel ek beter. Hello Kitty sal nog vir lank – wel, todat Dominique aanbeweeg na iets anders in my huis wees. Nee, ek dink nie dit is Satanisties nie, en hou nie van sulke tipe emails nie. Net so min as wat ek van emails hou van erg verbrande kinders of so iets. Ek weet dit is realiteit, maar ek voel om sulke emails rond te stuur is nie “goeie smaak” nie. Ek is ‘n baie sensitiewe kyker en leser en so iets het die vermoe om my hele dag om te krap en te onstel. Ek besef die lewe is nie altyd net “Maan skyn en Rose” nie, en glo dit of nie, my lewe op die oomblik is maar taamlik rof en daarom verkies ek om eerder my met positiewe goedjies besig te hou. So daarom vra ek, asb as jy vir my emails wil stuur, stuur die mooie’s, los asb die ander vir iemand anders.

Toedels!

xAx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s