‘n POSITIEWE UITKYK!


So na omtrent net een en ‘n halwe uur slaap gisteraand besluit ek om my BBM status vanoggend te verander met iets wat min of meer se:” Moeg! Min geslaap! Lang dag!” MAAR – toe besluit ek, Aikona Whena! As jy nou al die week so negatief begin na gister se powerfull kerkdiens by Maranatha, dink net teen Vrydag hoe gaan jy voel. Ek verander dit toe na: “Dit gaan ‘n great dag en week wees.” En weet jy wat? Ek is nie eers moeg vandag nie. Wys jou net: Attitude verander alles!

Gister was ons saam met Wouter en sy tannie by die kerk gewees. Ek het die afgelope week al so ‘n “Honger” na die Here en gister se “Praise and Wordship” en die boodskap van Pastor Leonard was weereens fenominaal gewees en  so nodig gewees. Mense! Hoe lief ek nie daardie kerk en sy mensies nie! Elke Sondag as ek daaruit stap, voel dit vir my asof Pastor Leonard net met my gepraat het. Net wat my Siel nodig het! En die beste ooit Woensdag begin ons Selgroep weer. Fantasties! Kan nie wag nie!

Op ‘n ander nood. Zander gaan vanmiddag vir sy eerste sessie by die Bionetikus se praktyk in Beyerspark. Ek moet hom al 03:30 daar he. Ek glo dit gaan hom net goed doen. Dominique was gister 23 maande oud gewees en sy het ook gisteraand vir die eerste keer in haar groot-dogtertjie-bed geslapies. Quintin het Tiener neigings en het gistermiddag ‘n paar keer vir my geskree. Nou wonder ek….. wat  is die ergste om te “probeer” redineer met ‘n 3 jarige of ‘n 13 jarige. Wonder net? 🙂 Reinhardt glo vas hy is nog baie siek en lyk my is nou volgens hom “chronies” op medikasie. Ek het maar vanoggend ‘n pak “Super Hero’s” pleisters gekoop, alhoewel hy noem dit stickers – net vir ingeval sy been weer te seer word om op te loop. 🙂 Kobus is vandag in Klerksdorp en dit gaan baie goed met hom. Hy het Saterdag 21km gedraf en oefen baie hard vir die Comrades. Ek is bly! Hy geniet dit baie. En ek? Ek probeer weer in “shape” kom.  En probeer myself oortuig dat om 04:30 op te staan vir die Treadmill in die oggende is nie so bad nie, en ek sal dit oorleef…. Weet nog nie, miskien moet ek maar more oggend probeer? Mmmmm…… miskien!

Al wat ek weet is: Dat vandag en die res van die week gaan great wees! 🙂

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s