DAG 1: WHAT A ROCKY START …………


So na ‘n groot opgewondenheid (meestal deur Mamma Arnell) begin die eerste skooldag van 2012 by Impala Park Kleuterskool. Hierdie jaar het ek seker gemaak ek maak nie weer ‘n fout soos verlede jaar nie, en het ek die seuns voorberei dat hulle nie terug gaan na Annetjie se klas nie, maar na Juffrou Elize. Maar soos 3 jarige’s nou is, is hulle Rolmodelle op die oomblik Spiderman en die Polisie (Reinhardt praat kort kort van die Polisie…. Mmmmm??????) Natuurlik is hy baie opgewonde want nou is hy in Juffrou Polize (nie Elize) se klas!

Elke geval terug na my storie…… Opgewonde en met ‘n huppel in my stap arriveer ons by Impala Park Kleuterskool te Caravalle Road 06:55. Reg vir 2012! Die seuns het hulle nuwe Ben 10 Alien Force sakke op hulle rue en Sussa “demand” dat haar oorgroot Tinkerbell sak ook op haar rug moet kom. O Wee! Arme Pappa Kobus…. Die sak is te groot vir Sussa, kort kort wil sy val maar loop, loop Dominique met die groot, swaar sak en all. 🙂 Nou kom ons in die groot saal. Ouma Riekkie groet ons vriendelik, en dit is omtrent al. Om ons is seker sowat 40 kiddies, waarvan 20 skree. Verslae, moee, hartseer, bang ouers staan rond. En daar begin dit…. Meneer Zander gaan aan die skree… Nie net ‘n skree nie. Nee, Pappie ‘n SKREEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE! so asof die Natzies in Hutler se tyd agter hom aan is. O vrekkit, weereens arme Kobus probeer die arme mannetjie kalmeer. Ek smile met my “I’ve go it all under control smile”. En wag….. vir die ander 3 om ook by hul boetjie wat nou soos ‘n besetene uit die klas wil kom aan te sluit. Maar Niks! Zilts! Nada! Hulle al 3 sit met ‘n smile op hulle gesiggies (Mamma se gene). Dankie Here!  Gelukkig sien Ouma Riekkie ons panarie/paniek en vat vir Zander, en Whola hy kalmeer. Net genoeg tyd vir my en Kobus om soos krimenele uit die klas te slyp. Whew! Ek is kapot!

En dit was ons Dag 1.

Ps: Moet net bylas. Kobus was ook gister by die Dokter. Reinhardt was gisteraand by die Dokter en is nou op Antibiotika. Dominique sny tande en arme Vivian het ‘n rowwe nag met haar gehad. Zander het ‘n stukkende toon wat eina lyk. En ek en Quintin…. mmmm….. wie weet.

Toedels dan! Kom ons hoop Dag 2 hou vir ons minder “opwinding” in. 🙂

xAx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s