0

FRIDAY JOKE…….. :-)


Husband throwing darts at his wife’s photo and not even a single one hitting the target……

From another room wife called to the husband: “Honey what are you doing?”

Husband: “Missing you!”

He He He. 🙂

Lekker naweek almal.

Toedels tot volgende week.

xAx

Advertisements
0

SOMETIMES WE NEED TO FALL APART…….


Die 12de Februarie sal dit presies 4 jaar gelede wees wat ons, ons laaste (en dankie tog suksesvolle) Invitro gedoen het by Vitalab.  Eintlik onthou ek nog daardie dag baie goed, toe Kobus die “o, so bekende” Gonal F  ingespuit het – dit was immers ons sewende poging gewees. Saam met die opgewondenheid om weer te probeer, was daar ook die bang en hartseer na ons miskraam. Ons was so bang, want daar was geen guarantees nie. Dit kon ‘n groot Nee gewees het, of weereens ‘n swangerskap wat uitloop in ‘n miskraam. Gelukkig soos julle almal weet, het dit vir ons ‘n Drieling-seuntjie swangerskap gegee. Vandag is hierdie 3 Kabouters al 3 jaar en 4 maande oud.

Dit is in hierdie moeilike tydjie wat ek die volgende email van iemand afgekry het, en tot vandag hou ek hieraan vas – want DAAR gaan maklike, gelukkige tye wees – MAAR daar gaan ook moeilike, hartseer tye wees in enige iemand se lewe. Ongeag wat jou omstandighede is. Ons almal gaan deur verskillende seisoene, en dit is reg. Dit moet so wees!  Ek deel dit graag met julle:

… SOMETIMES WE NEED TO FALL APART …

We don’t always have to be strong. Sometimes our strength is expressed in being vulnerable. Sometimes we need to fall apart to Re-Group and stay on track.

We all have days when we cannot push any harder, cannot hold back self-doubt, cannot stop focusing on fear, cannot be strong.

There are days when we cannot focus on being responsible. Sometimes we cry in front of people. We expose our tiredness, irritability or anger. Those days are ok.

Part of taking care of yourselves means we give ourselves permission to “fall apart” when we need to. We do not need to be perpetual towers of strenght. We ARE strong. We have proven that!

Our strenght will continue if we allow us the courage to feel scared, weak, and vulnerable when we need to experience those feelings.

Today, Lord help me to know that it is okay to allow myself to be human. Help me not to feel guilty or punish myself when I need to “fall apart”

** AUTHOR UNKNOWN **

0

HELLO KITTY = SATANISTIES!?


AH, PLEASE MAN!!!!

Voordat ek hierdie inskrywing begin, wil ek net noem dat ek asb nie op enige iemand se tone wil trap nie. Hierdie is slegs my opinie en dit is my Blog, so ek kan seker skryf wat ek wil. 🙂

Daar is nuwe emails in die omloop dat  Hello Kitty Satanisties is en dat ons onskuldige kinders daarby ingetrek word. Don’t get me wrong – daar is seker sulke dinge, miskien hou daardie betrokke Satanis van Hello Kitty, of Spiderman of wat van die karakters van Toy Story? Ek voel net dat iewers moet ons as ouers die streep trek. Moet ek nou skielik al Dominique se Hello Kitty goedjies by die deur uitgooi en haar Hello Kitty Partytjie kansaleer omdat sommige mense dink dit is Satanisties. Mmmmm….. Ek dink nie so nie. Bottom line, dit bly elke persoon se eie opinie. Dit is ons as ouers se plig om ons kinders van die Here te leer. Kinders is kinders en hoekom hulle nou weerhou van Hello Kitty, Tinkerbel, Barbie, Feetjies en Butterflies en, en, en, wat nog? Ai, hulle word so gou groot en miskien is ek heeltemal verkeert – maar volgens my is daar NIKS verkeert met Hello Kitty, Tinkerbel, Barbie, Feetjies en Butterflies nie. Inteendeel ons het met dit alles groot geword en volgens my, is ons ok. Miskien moet ons, ons kinders meer geniet en meer saam met hulle “kindwees” as om ons te steur aan al die emails wat die ronte doen. Net my opinie?

En dan – nog ‘n ding wat ek ‘n kleintjie-dood het, is as mense my bel en se hulle het my nommer by ‘n vriend of vriendin gekry en wil net die volgende: XWZ aan my verkoop. Ai, mensies – as jy nie belangstel nie – MOET ASB NIE MY NOMMER VIR HULLE GEE NIE! ASB!!!!!!!

Ok! Nou voel ek beter. Hello Kitty sal nog vir lank – wel, todat Dominique aanbeweeg na iets anders in my huis wees. Nee, ek dink nie dit is Satanisties nie, en hou nie van sulke tipe emails nie. Net so min as wat ek van emails hou van erg verbrande kinders of so iets. Ek weet dit is realiteit, maar ek voel om sulke emails rond te stuur is nie “goeie smaak” nie. Ek is ‘n baie sensitiewe kyker en leser en so iets het die vermoe om my hele dag om te krap en te onstel. Ek besef die lewe is nie altyd net “Maan skyn en Rose” nie, en glo dit of nie, my lewe op die oomblik is maar taamlik rof en daarom verkies ek om eerder my met positiewe goedjies besig te hou. So daarom vra ek, asb as jy vir my emails wil stuur, stuur die mooie’s, los asb die ander vir iemand anders.

Toedels!

xAx