0

NET ‘N BIETJIE HUMOR… EN ‘N BIETJIE WAARHEID…..


* Got my Coffee. Got my Cigarettes. Got my Computer and took my Prozac. It’s gonna be a great day!

* Love is giving someone the power to destroy you, but trusting them not to.

* A little Girl seeks revenge, a real Woman moves on while karma does her dirty work.

* May you know our greatest blessing was having you – Quintin, Reinhardt, Zander & Dominique.

* Letters to God…. Given the right address, anything is possible.

* If you can hold your head up and smile, you are not the norm, you’re unique to all those in doubt and despair.

* Peace is not the absence of trouble, it is the presence of God.

* Moenie vandag probeer om God se hand vas te hou nie. Laat Hy joune vashou. Hy doen die hou werk, doen jy net die vertrou werk.

* I would rather live my life as if there is a God and die to find out there isn’t, than live my life as if there isn’t, and die to find out there is.

* Treat each day as your last. One day you will be right.

* Faith is daring the soul to go beyond what the eyes can’t see.

* Woman are like tea bags – we don’t know our own strength, until we’re in hot water, So, when problems upset you…. Just think, you must be God’s favourite cup of tea.

* Do the math… count your blessings.

* We must be willing to let go of the life we have planned, so as to have the life that is waiting for us.

* My head says, “Who cares?” But then my heart wispers: “You do, stupid!”

* You may party in Hell. But you will be the Barbeque.

* Adam blamed Eve. Eve blamed the snake and the snake didn’t have a leg to stand on.

* The quickest way for a parent to get a child’s attention is to sit down and look comfortable.

* Kids will forget something you told them 5 seconds ago, but will remember the “less than complementary comment” you made about your mother in law and repeat it back to her. He He He….. Ek love dit!!!!!!!!!!!

* Do something you like and you will never work another day of your life.

* Verbeel jou ‘n wereld sonder mans…. Geen misdaad en baie gelukkig, vet vroue! LOL.

* Behind every successful man is a surprised woman.

* If you can’t be a good example – then you’ll just have to be a horrible warning.

* Inside me lives a skinny woman crying to get out. But I can usually shit her up with cake.

* Life was much simpler when Apple and Blackberry were just fruits.

* Remember – no matter what you face in life, don’t let go of God’s hand.

* Nothing is permanent in this world, not even our troubles.

* Never hate people who are jealous of you. Instead love them because they’re the ones, who think you are better than them.

* What is a calorie? Calories are the little bastards that get into your wardrobe at night and sew your clothes tighter. My closet is infested with these little shits.

* Worrying is like a rocking chair. It gives you something to do, but doesn’t get you anywhere.

* The grudge you hold today, will be the regret you have tomorrow.

* It’s hard to stumble when you’re on your knees.

* Bad things do happen, how I respond to them defines my character and the quality of my life.

* Doubt is a pain too lonely to know that faith is his twin brother.

* “I buy a Ipad and Steve Jobs dies. I buy a Blackberry and BBM dies… Does Julius Malema sell anything?”

And that’s it Folks. Hoop julle het die bietjie humor en waarhed geniet.

Ps: Ek wens ek kon se, dit was alles my gedagtes – maar nee dit was ander “wyser mense” se woorde. Dankie julle!

Advertisements
0

SO.. DIT IS ALWEER DAARDIE TYD VAN DIE JAAR…


Ola!!!!! Dit is Kersfees, dit is Kersfees.

Whoopy, en watter jaar was dit nie. As ek so terug dink aan alles wat hierdie jaar gebeur het, was dit nie so ‘n groot, eventfull jaar nie. Min dingetjies het verkeert gegaan – dankie tog! Maar tog was daar baie groot dingetjies wat gebeur het met die kiddies. Om mee te begin: Dominique het leer loop. Sy het leer praat (en praat en praat en praat) en sy het kleuterskool toe gegaan vir die eerste keer. Wat die seuns aanbetref. Zander het begin by ‘n spraakterapeut, bionetikus. Sy spraak het tonne baie verbeter. Laas jaar hierdie tyd kon hy nie eers “mamma” se nie. Hy het skarlakenkoors gehad en sit vandag minus sy mangels en nuwe cromets. Reinhardt is baie dieselfde as verlede jaar nogsteeds ons Funny Bunny, alhoewel sy tantrums BAIE gekalmeer het. Dankie tog daarvoor! En dan Quinty Poonty…. Sjoe, sy spraak en kennis van kleure en diere het gegaan van 1 na 100 feitlik oornag. Hy verbaas vir my en Kobus daagliks met sy kennis oor goedjies en hy skroom nie om te vra as hy iets nie weet nie. En natuurlik een van die grootse milestones ooit, wat ek glo ons 98% gewen het, is die gevreesde POTTY TRAINING!

Overall was dit ‘n baie goeie jaar vir ons gewees. Daar was wel ‘n paar “opdraandes”, maar gelukkig niks ernstigs!

Dankie Liewe Jesus vir hierdie 4 Blessings in ons lewens. Hulle hou ons besig, en soms is hulle maar bitter stout en ongehoorsaam – maar die vreugde wat hulle vir ons bring bly soms nog onwerklik!

Happy Holidays!

Ps: Ons is oppad see toe Sondag. Chat later weer.

Toedels tot dan. 🙂

0

SO…. HISTORY REPEATS IT’S SELF……


Jip! Net soos ek gedink het. Hoe dan anders. En weet jy wat? Ek is nie eers verbaas nie. Jy doen dit elke keer en waarom sou hierdie keer dan anders wees. Kom ek raai? Jou selfoon battery is pap? Nee – nog beter, jou selfoon is gesteel? Ons bly immers in woeste Afrika, maar weer –  daardie verskoning het jy al ‘n paar keer gebruik. Of….. daar het ‘n skielike vergadering  opgekom? Of….. jy moes dringend na die bank toe gaan….. Of…… jy stel nie belang nie en voel ‘n veer! My geuss….. die laaste een.

Ai, ai! I think you overstep your line this time. Is ek kwaad? Natuurlik is ek kwaad. Maar weet jy meer teleurgesteld, want ek doen dit nie aan iemand anders nie. Nie aan die Queen, my maatjies, kennisse of kollegas of for that matter vreemdelinge nie. My woord is my woord! Ek is moeg vir hierdie woer woer speletjie.

Sorry, hierdie Poppie het genoeg gehad! Take care and have a good life..

Toedels!

 

 

0

PSSSSTTTT… I HAVE A LITTLE SECRET :-)


Ola getroue lesers!! Ek het ‘n geheimpie. Whe, Whe, Whe.

Raai wat???? Raai weer???

Ok…. hier kom dit…….

Adele is swanger! Jippy!!! Nou vir die van julle wat nie vir Adele ken nie, sy is een van my beste maatjies ooit. Ek ken haar al vir 20 jaar en saam is ons al deur so baie. Wat hierdie swangerskap so spesiaal maak is dat dit haar 3de Invitro is, en opgee was nooit vir haar ‘n opsie nie. Adele, ons is so TROTS op jou en mag hierdie swangerskap soveel vreugde vir jou en Patrick  bring. Ons bid en glo dat jy ‘n baie gesonde en wonderlike swangerskap sal he. Ons het so lank vir hierdie babatjie/s gewag. Kyk mooi na jouself my maatjie.

En daar het julle dit. Binnekort speel ons lekker pop! Tannie Arnell kan nie wag nie.

Toedels. x

0

KERSVADER BLY IN MAMMA SE LAPTOP….. REGTIG!!!!!!!!


Ok! So dit is amptelik en vir die van julle wat nie weet nie….. Kersvader bly NIE in die NOORDPOOL nie, maar in Mamma Arnell se LAPTOP. Regtig, egtig! Ok….. so glo Dominique.

Ek het verlede week vir hulle elke een ‘n spesiale, unieke Kersvideo gemaak van Kersvader af. Waar Kersvader hulle op hul naam noem, foto’s van hulle het ens. Te cute! Ek wil dit nog graag op my Blog sit, maar na 3 ure se geswoeg het ek opgegee (hoor ek rekenaar gestrem???). Hulle is mal daaroor en wil kort kort na Kersvader kyk. Maar probeer nou vir Dominique verduidelik dat daar regtig ‘n Kersvader is en dat hy oor 4 slapies na ons huistoe kom (ons hou ‘n Kerspartjie saam met vriende met ‘n regte Kersvader vir die kiddies by ons huis Vrydag). Nee wat! En wat weet ons nou? Sy is immers darem al 22 maande oud. 🙂

Dit laat my dink aan al my Kersfeeste in Scottburgh. Ons La Grange’s  is groot op Kersfees. Dink Kersboom, Kersliggies, Kersmusiek en baaaaaaie persente. Toemaar, moenie bekommerd wees nie…… ons sal nooit vergeet waaroor Kersfees eintlik gaan nie! Daar is altyd soveel vreugde om die Kersboom. Vroeer voordat ons nog kinders gehad, het ons altyd die aand van die 24ste 12:00 die nag ons persente oopgemaak. Pappa, Mamma, Oupa, Ouma, Ek, Marlize, Jacques, en al ons vriende, later het Kobus en Gerrit bygekom  het ‘n lekker kuiertjie vroeer die aand gehad en die horlosie stiptelik dop gehou tot 12:00. En dan was dit persente tyd en die vuurwerke wat weerklink het op Scottburgh strand. Ai, hoe mis ek daardie sorgelose tyd….. Met Oupa en Jacques nog met ons.

Vandag lyk dingetjies ‘n bietjie anders… Ons is gelukkig as ons 8 uur die aand sien, en met die kiddies probeer ons maar hulle persentjies vroeg die aand uitdeel op Kersdag. Ek weet dingetjies sal weer verander soos hulle ouer word, miskien dan doen ons weer die 12:00 aand storie. Ek hoop so – dit was lekker en sulke goeie tye. ‘n Hele Desember maand op Scottburgh strand saam met vriende. ‘n Maand van net kuier, boeresport en niks doen nie. Ek mis dit!

Om terug te kom na Kersvader in die Laptop. Miskien dalk net verander Dominique haar opinie van Kersvader Vrydag. Miskien nie! Wie weet… met Dominique’tjie is enige iets moontlik….. Sjoe, hoe lief ek haar nie!!!!!!!