‘n Bietjie van DIT… en ‘n Bietjie van DAT…


Hello Vriende!

Jislaaik, maar ek was lank laas op my Blog gewees. Goeie Teken sal ek se. Dit beteken dat my lewe maar ververlig en sonder drama was. I like! Ek gaan net gou gou ‘n opsomming gee oor alles.

* Kobus *

Dit gaan baie goed met hom. Hy en Wouter is tans in Durban en Pietermaritzburg vir werk. Hy oefen hard by die Gym en het verlede Saterdag saam met Shane 21km gedraf. Hy doen baie goed, en (net tussen ons) oefen vir die Comrades volgende jaar. Ek lief hom nog baie en mis hom baie.

* Kiddies *

Dominique kuier nou al vir ‘n week en ‘n half by my ma-hulle in Scottburgh. Sy geniet haarself gate uit. Ek mis haar vreeslik baie – maar “geniet” ook die ekstra hande met haar nie by die huis nie. Die huis is so stil en niemand huil nie! Ps: Sy knou haar Boeties vreeslik baie af 🙂 Maar: Tik Tok, Tik Tok! Mamma Arnell tel al die slapies af totdat jy huistoe kom. Ek gaan jou op soen Skattebol!

Quintin is die laaste maand of so nie lekker nie. Hy is alweer van verlede Donderdag af by die huis met koors, ‘n hoesie en loopneus – alweer op antibiotika. Hy is ook baie Ma vas. Nie dat ek kla nie, ek geniet baie die aandag en liefde wat ek van hom af kry.

Reinhardt gaan dit goed mee. Hy sit ook met ‘n loop neusie en hoesie, maar gelukkig niks ernstig nie. Hy is vrek cute, en ek kan my vergaap aan al sy streke. Ons regte Joker in die huis. Te cute!

Met Zandertjie….. Gaan dit maar op en af! Hy sukkel ook met ‘n hoesie en loop neusie. Hy gaan Saterdag vir Gromets en sy Mangels word dan ook sommer uitgehaal ( Stres, Senuweebol) – my emosies onder andere. Sy Spraak vorder maar stadig en ek het nou begin met ‘n ander metode om hom te help (later hieroor), maar dit lyk darem asof ek hierdie keer “spot on” is, en ons binnekort vordering sal sien. Emosioneel is Zander maar ons “babetjie” in die huis. Ek sukkel soms om dit te aanvaar, maar moet besef dat hy ‘n baie emosionele kind is, en elke een is anders. Maar, uit die 4 is hy gewis die een met die Goue Hart. Mamma lief jou tonne baie Zander!

* Ekke *

Dit gaan beter met my. Ek besef dat seker dinge kan en gaan nie verander nie en ek moet vrede maak daarmee. Ek probeer (baie ernstig) om meer alleen/stilte tyd saam met die Here deur te bring. Ek geniet dit geweldig baie, en dit gee my rigting. Ek kry nog my tye (dankie Vader baie minder) waar ek ‘n paniek aanval kry en stres oor alles. Ek begin ook al hoe meer besef dat ek ‘n goeie Mamma is en my beste altyd doen, al kom ek nie altyd by alles uit nie. Soms, net soms dink ek dat ek Ok is! 🙂

* My gewig *

Ek het 1.5kg verloor die laaste maand. So staan nou op 56kg. Het nog 3-4kg om te verloor dan sal ek gelukkig wees. Ek oefen ook nou meer gereeld op die treadmill en geniet dit actually.

* Vriende *

Sommiges het gekom, en sommiges het gegaan. He He He……… Nee , wat ek eintlik bedoel is dat ek op hierdie stadium van my lewe fokus op my goeie vriende en die ander wat my dreineer en gebruik/misbruik stadig maar seker uit my lewe laat. Ek het dit nie nou nodig nie, genade ek cope skaars met alles wat ek reeds het.

* Me Time *

Ek probeer regtig meer “Me Time” in werk. Volgende naweek gaan ons saam met ons werkskollegas vir die naweek weg – sonder die kiddies. Jippy! Dink: Spa, Borrelbad, Sauna…… En dan die naweek daarna gaan ek en Mandy (My maatjie) vir ‘n hele Saterdag (ons slaap oor ook) Spa toe. Weereens dink: Spa, Borrelbad, Sauna…. Mmmm…… Need I say more – Hemels!

* Werk *

Same old, Same old! Oeeeee…… ek is so in die verkeerde beroep 😦 Maar ploeter maar aan. My salaris en werkstye is darem ‘n troos. Miskien eendag doen ek wat ek eintlik graag wil doen (Hou hierdie “Spot” dop).

Genoeg van my. Chat weer later, hopenlik sooner than later.

Toedels tot dan. xxx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s