1

OUPA – ‘n IETSIE VIR JOU……


Oupa, gister was jou verjaarsdag gewees. Jy sou (ek dink) 85 jaar oud geword het, of soos jy altyd gese het – jonk geword het. Dit is nou presies 1 jaar en 2 maande wat jy so skielik van ons af weggeneem is en nie een dag gaan verby wat ek nie aan jou dink of verlang nie. Ek onthou so goed my laaste oproep aan jou, min het ek geweet dat die volgende dagie sou jy so skielik van ons weggeneem word. Maar tot vandag is ek so dankbaar dat ek nog daardie dag met jou kon gesels en lag.

Gister was ek by die Pick ‘n Pay gewees… En daar sien ek ‘n groen Dawoo soos joune met ‘n ou oomie in – en raai wat? Hy het ook die Dawoo “geref” soos jy altyd gedoen het. En net vir ‘n oomblik het ek gedink dit was jy! Sjoe! Dit is moeilik…… Maar Oupa jou laaste paar jaar by ons was ligaamlik maar moeilik gewees, en ons weet dat waar jy vandag is het jy geen pyn nie, maar net vreugde. Ek sien al hoe lekker jy onder ‘n boom saam met Tannie Hannie, Oom Tonie, Tannie Joan, Tannie Trienie en natuurlik Jacques kuier. Jy het altyd soveel storietjies gehad en was soos lief gewees vir ons. Ek dank die Here dat ons die voorreg gehad het om ons kinders vir jou te wys. Jy was altyd so trots gewees op Arno en Amelia en kon nooit die Trips uitken nie, maar jy het hulle so geniet. Dominique het jy min gesien en dit is so jammer dat jy haar nie kon sien soos sy vandag is nie, sy is sooooooo cute en ek weet sommer dat Oupa haar baie sou geniet het.

Ouma kry baie swaar, sy mis jou vreeslik baie en ‘n stukkie van haar het saam met jou doodgegaan. Ek is seker sy kan nie meer wag om Oupa weer eendag te sien nie. Maar moenie worry oor haar nie, Pappa en Mamma kyk baie mooi na haar. 🙂

Oupa, dit is amper weer Kersfees….. Verlede jaar was maar moeilik gewees sonder jou. Jou stoel voor die Kersboom is leeg en hy sal altyd leeg wees…. Maar weet net dat alhoewel die lewe aangaan en ons die Kerstyd probeer lekker maak vir die Kinders mis ons jou nogsteeds vreeslik baie.

Ons is baie lief vir jou Oupa!

Ps: Ek weet sommer sou ons mekaar weer sien, sou jy vra of die Spoorweg Pensionarisse al ‘n verhoging gekry het en wat van die mediese fonds Transnet????????? He He He…. Oupa, ek weet nie. Maar moenie worry nie, ons almal is ok! Stuur asb baie liefde vir Jacques en al die ander.

Baie Liefies: Arnell xxx

 

 

Advertisements
0

NOW I HAD THE TIME OF MY LIFE …..


Now I had the time of my life …. en dit was nie saam met Patrick Swayze nie. Nee, nog beter. Dit was saam met my Cu Al Kollegas gewees.Baie dankie Kobus, Wikus, Telana, Eggie, Precious en Rashenepe. Julle was great gewees en vir 2 dagies het ek van alles en almal (kids ingesluit) vergeet en net myself gate uit geniet. Julle ROCK!!!!!!!!

0

LEAVING ON A JET PLANE, DONT KNOW IF I’LL (EVER) BE BACK AGAIN…


Hi, Hi. People of the Palace.

I’m leaving on a Jet Plane. Jippy Doooo Day….. Ok- nou nie regtig op ‘n Jet Plane nie (I wish), MAAR in die Wit Vito. Same, same! Ek gaan vir… wag vir dit….. 2 slapies weg!

Dink: Spa, Borrelbad, Massage etc. Mmmm…. Heerlik, Heerlik!  Ons jaareindfunksie saam met baie Cool vriende. So opgewonde…… “Knyp my”…..

Elke geval – got to go! Moet nog ‘n paar goedjies doen voor die groot uittog uit “Godem en Gamora”.

************* DRUM ROL ****************

I’m leaving on a Jet Plane, don’t know if I’ll be back again. Sweetness tot later.

Toedels x

0

Wie het DIT gedoen?


Vanoggend loer Reinhardt by die venster uit en sien dat die swembad dek nat is van al die reen laas nag. Hy vra vir Kobus: “Wie het dit gedoen?” Kobus se: “Liewe Jesus”. Hy se vir Kobus:”Wel, nou moet Liewe Jesus dit skoonmaak.” Quintin is ook by ons, ek vra vir hom: “Quinty wie moet jou doek skoonmaak?” Ek verwag dat sy antwoord ook Liewe Jesus gaan wees. Hy kyk vir my en se: “Tannie Menees!” Dit is nou sy liewe en enigste Tannie Marlize! Toe, toe Tannie Marlize – Quintin wag vir jou! 🙂