Feetjie, mooiste Feetjie…. swaai jou Towerstafie


Vir Dominique….. Van Mamma….

Stil, stil het jy in ons lewens gekom. Nooit sou ek en Pappa kon droom dat ons eendag ‘n ou dogtertjie soos jy kon kry. Op Maandag die 15de Februarie 2010 het jy jou eerste “glimlaggie” gegee met sulke pikswart, ronde oogies het jy jou eerste uur net na my en Pappa gestaar. Jy was so mooi, moeilik gewees om te glo dat jy skaars ‘n uur oud was. En daardie dag het ons lewens verander. Alles was net soveel beter, soveel mooier.

Vandag is jy amper 20 maande oud. Jy is die cutste, oulikste, sweetste dingetjie ooit. Vol drama – natuurlik. ‘n Wil van jou eie, ‘n baie “kwaai” Juffrou vir jou boeties, maar met soveel lewenslus wat amper nie by ‘n 20 maande oue kindjie pas nie. Jy is ons ou Feetjie, ons ou dogtertjie met die mooiste, mooiste hartjie ooit. Die Here het ons regtig “gebless” met jou.

Mamma is baie lief vir jou Dominique, en net sodra ek dink ek kan nie liewer raak vir jou nie, gebeur dit! Baie dankie vir die pragtige dingetjie wat jy is.

Love you lots – like Jelly Tots. Of soos jy sal sing: “I love you, you love me. We a happy “famaly”.

Vir altyd: Mamma Arnell Mwah xxxxx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s