0

MMM……… NOU KRY EK SKAAM!


Ok, nie so ‘n goeie oomblik nie (maar tog nodig), na my baie “af” week verlede week besef ek vandag met ‘n “bang”, weet jy hoe gelukkig is ek regtig en hoe ondankbaar is ek. Hier kla ek oor 3 siek kinders en daar is mense daar buite wat gestremde kinders het. Sjoe! Shame on you Arnell!!

Die Here het vir my 3 gesonde, normale, stunning, cute seuntjies gegee en sommer net “vir die lekkerte” ‘n pragtige ou dogtertjie daarby. En wat doen ek? Kla, kla, kla, kla, kla. Sies!

Not ‘n good moment, maar so nodig.

Ps: Kan nie wag om my 4 pikkewouters elke een ‘n stywe drukkie vanmiddag te gee nie. Ek is SO dankbaar vir hulle, en besef dat dit soveel anders kon gewees het. Dankie Liewe Jesus vir hierdie 4 volmaakte Engeltjies!

 

0

Laat los……. Laat gaan……..


Ek het ‘n paar moeilike dae agter die rug. Dae wat ek (nou nog nie) weet hoe ek daardeur gekom het nie. Picture 3 siek kinders met koors wat elke keer by die 39.4 eindig, opgooi – need I say more? MAAR, gelukkig met die genade van die Here en my beste, beste maatjie Mandy (wat ek nie my lewe sonder haar kan indink nie) voel ek beter.

Maar, ek het egter besef dat ek ‘n paar vriende het van wie ek moet “ontslae” raak. Jammer Outjies, maar julle maak my moeg en “steel” al my energie. Nothing personal 🙂 maar op hierdie oomblik cope ek skaars met myself, my man en 4 kiddies – ek KAN NIE nog met jou ook cope nie, en die scary gedeelte is – jy voel in elk geval Zero vir my, maar ken my nommer as jy my raad of bystand nodig het. Sorry Poppie, ek is moeg en dit is tyd vir jou om te gaan (Dink Survivor Tribal Council), jou vlammetjie is uitgeblaas. Goed – daar gelaat nou beweeg ek aan.

Ek kry hierdie sms vanoggend en moes net lag.

Vergeet vandag die stres, moegheid en rumatiek. Swaai die selluliet boudjies en maak jou tieties se doekspelde los en laat als vrylik hang. Dans kaal deur die sproeier terwyl jy “Ek lewe” uit volle bors sing en waai vir jou geskokte buurman! Myne het hom pikswart geskrik!

Wel toedels! Vandag voel ek beter.

Ps: Het vanoggend ‘n oproep gekry van Zander se Bionetikus af – met ‘n paar voorstelle om ‘n 3-ling groot te maak. LOL…… maar, later ‘n bietjie meer hieroor.

0

Hoe Ironies?


My grootste droom het my grootste nagmerrie geword…

Hoe dan nou? Vra jy seker? Vir 7 jaar al wat ek so graag wou he is ‘n ou babetjie. ‘n Klein mensie wat styf tussen my en Kobus kon le. Wat kry ek? ‘n Miskraam waar daardie babetjie weg gevat is van my nog voordat my droom begin het.  In plek daarvan gee die Here vir my 4 (baie besige) mensies om na om te sien, om te gee, te versorg en lief voor te wees. Great!

Soos ek hier sit, is ek DOOD! Ek is moeg vir kinders wat huil, demand, skree, tantrums gooi, baklei, blah, blah, blah…… Ek is so moeg!

Ai, tog ek wens so jy kan binne in my siel kyk. Sien hoe leeg, koud en moeg ek is. Bitter min dinge maak my nou opgewonde en bly. Hel, die idee om in ‘n boom vas te ry en in ‘n koma te wees vir ‘n paar dae – NEE maak dit ‘n paar weke (maande sal ook ok wees) – NOU dit maak my opgewonde. Waar mense ‘n bietjie om my kan “vas”. Na my kan omsien. Vir my kan omgee. ‘n Tydjie waar ek net kan slaap en nie hoef te worry oor wat die kinders vanaand, more oggend, more middag en more aand eet nie. Wat hulle gaan aantrek nie. Is hulle Baker Baker geld reg? Is hulle sakke gepak vir more en hoe gaan dit met die Potty Taining? Die hoesie wat hulle het, is dit ernstig?

Die Here weet, ek sukkel om te cope! Ek dink hy het so ‘n groot fout gemaak om vir my hierdie 4 pragtige, stunning kiddies te gee. Want, hulle verdien ‘n beter Mamma. ‘n Mamma wat kan cope met alles. Ek kan nie – sorry geen voorgee nie. Ek weet nie eers mee of ek WIL cope nie. Ek wens ek kon verdwyn en net ‘n briefie los wat se: “Ta Ta, sien jule later as Mamma beter voel en gerus het.” Maar, dit werk nie so nie. More oggend 5 uur is ek weer op my pos. Met ‘n smile op my gesig al is ek ‘n lee dop.

0

FEAR FACTOR! (BE AFRAID BE VERY AFRAID)


Ok, so vandag was ek weer by Placecol gewees (lief daai plek). En raai wat, net daar en dan besluit die Girl (ekke) om in te stem dat my Terapeut (cool, love die woord) Anzel ‘n kiekie (“Before”  Photo) van my vat, my weeg en meet.

Spanmaats!!!!!!! Scary. Hierdie Doll het baie werk wat vir haar voorle.

Reg hier kom dit! My gewig is 57.5kg. My middel is 35.5, maar na my eerste Coplar en Plates sessie is dit nou 34.8 (Ole, Ole, Ole). Lief daardie masjien, en tans is hy my beste maatjie ooit.

Anywayyyyyyyyyy. Ek gaan nou in die bed spring met my nuwe Shape en Fitness Magazine. En ……… Wag daarvoor……….. Bottel Water. Jig!!!!!!!

Hou hierdie spasie dop!

Toedels. x