0

FLOP, FLOPPIE, MOERSE FLOP!


Ok, so ek besef elke dag al hoe meer hoe “suck” ek om ‘n Mamma te wees. Ek is ‘n moerse flop!!!! 😦 Die kinders haal alles uit my uit – en wag vir dit, dit is nog nie eers half agt die aand nie. Hulle luister nie vir my nie, doen net wat hulle wil . Eerlik waar, ek het geweet om ‘n ouer te wees, is nie altyd maklik nie, maar hierdie “nagmerrie” – NEVER!

Soms, ok, meeste van die tyd voel dit vir my wil ek net alles en almal los en weg hardloop. Weg, waar niemand my sal kry nie. Ek is MOEG verby! Ek is seker dat die Here vir my te veel gegee het om mee te cope – en ek dink Hy besef dit al hoe meer. Moenie my verkeert verstaan nie ek lief al 4 my kiddies, maar ai tog, hulle maak my gedaanen haal die lelik meeste van die tyd uit my uit.Ek flop BIG TIME!

Wanneer gaan dingetjies ooit weer beter gaan,of is dit maar nou hoe dit gaan wees? Shit, ek hoop nie so nie – cause I’m not going to make it!

 

Advertisements
0

WERK METABOLISME, WERK DAMIT!


Ola getroue lesers! Aan my 6 getroue lesers nl: me, myself and I, Mandy, Precious en Annette – I did it. I FLIPPEN HEL DID IT! I concurded the flippen treadmill. Ok – voordat julle TE opgewonde raak, dit was ‘n slakke pas maar ek skat ek sal die Comrades op hierdie trant sover voltooi in 3 dae. But, hou moed – I am getting there!

Toedels vir nou! Ek het ‘n warm bad nodig…..

Ps: Ek wil nie myself op dag 1 oordoen en uitbrand nie.

Lekker doeks – ek weet ek gaan. Klaas Vakie bring jou sandjies, ek is reg vir jou. 🙂

0

NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE!


Ok, wait for it!!!!!!! As jy ‘n sensitiewe leser is, stel ek voor jy hou sommer dadelik op met lees. As jy nuuskierig is – kry vir jou. As jy lekker kry – Sies vir jou!

** Drum Roll Please ** Of sal ek eerder se – speel asb die liedjie van Phantom of the Opera (ek dink dit is meer gepas – die tipe musiek wat jou sommer BANG maak), terug na realiteit……….

Ek weeg ‘n volle, ronde “gesonde” 57kg!!!!!! O M W  – Hoe het dit gebeur? Cokes, Chips, Tjoklits, siek kinders en stres. Whola! En ek sit met 5 kg te veel VET! Maar ek gaan nie nou Victim, victim speel nie. I played the game, I will finish the game.

Plan 1: Eet minder. Eet gereeld. Geen Coke, geen chips, geen lekkergoed.

Plan 2: Weeg myself weer Vrydag oggend.

Toedels van ‘n baie bekommerde, uitgehonger mensie. xxxx

Aangeheg sien ‘n foto van my in my Maerder dae. Oh, how I wish!

0

DETOX 101


‘n Coke Blikkie, pakkie Nik Naks en Cadbury “slap choclate” le oop voor my – klaar geeet en gedrink. Mmmmm…… so much for Detox??? Shit, maar dit is moeilik. Ek lees die een na die ander “selfhelp boek”. Boeke oor hoe om slegte gewoontes in net 21 dae af te skit ens….. Mmm…. makliker gese as gedaan. Kyk die saak staan so – Ek eet baie as ek gestres is, ek eet verkeert, ek drink baie coke en eet ongereeld. Probleempie, sou ek se!!!!!!!

Dominique is nou al ‘n week siek. Het haar reeds weer vanoggend by die dokter gehad. Uiteindelik het sy Antibiotika gekry. Ek love Antibiotika. Die seuns gaan dit ok mee, baie stout op die oomblik, maar darem gesond – Dankie Here daarvoor. Met my en K gaan dit ook ok – ons het eintlik lank laas baklei. Nog iets om oor dankbaar te wees.

Ok, om terug te kom na die Detox. Net more begin ek. Het het ‘n plan uitgedink. Meer kleiner eetes, en baie meer water. Provitta’s en cracker bread is ook nou my voorland. Oefening, oefening, oefening!!!!!! Mense, ek het 5 kg om te verloor voor Desember. No pressure 🙂

Hou hierdie pos dop.