0

I’M FEELING DOWN, DOWN, DOWN :-(


Need I  say more? Ek voel so “af” vandag.  Vandag is weer een van daardie (dankie tog) Min dae wat ek wonder waar ek is in my lewe en waarheen ek oppad is.

Ek weeeeeeet nie!!!! Ek is moeg en verveeld met my lewe. Sekerlik MOET daar meer wees? Ek wonder ook, miskien is ek net ondankbaar met wat ek het. What to do? What to do?

Help!!!!!!!!!!!

Ok, so beluit ek die vakansie in Knysna om my droom na te volg en verder te gaan swot deur Unisa. Maatskaplik – soos ek nog altyd wou. Kobus se dit is great, en hy ondersteun my een 100% Nou dit was die maklike gedeelte. Ek google Unisa se verskillende “courses”. En kry: Psychology, Social work & Human Services. My lyn! Dit is ‘n 3 jaar kurses met 8 vakke per jaar. 8 Vakke wat ek nie eers kan uitspreek nie. O MY WORD!!!!!!! Hier gaan ek, ek sal dit nie kan doen nie! Ek weet sommer!!!! Wat maak ek nou? Aanvaar ek dit? Of, gaan ek vir dit en maak dit(wat less likely is).

So besluit ek: van vandag gaan ek daaroor B I D. Ek glo aan die krag van gebed. “Here, wat wil U he moet ek met my lewe maak?”

Ps: Ek wag nog vir ‘n antwoord. Sal laat weet sodra ek die antwoord het. Maar, ek is geduldig. Die Here se tyd is nie ons tyd nie. En soos die gesegde gaan: “God is on time, all the time”. Amen daarop!