NAWEEK GIGGEL….

NAWEEK GIGGEL….

Sjoe! Die naweek is alweer hier. Ek dink jy sal saam met my stem dat elke week gaan deesdae net vinniger en vinniger en voor ons ons oe kan uitvee is dit naweek.

Die trips speel in ‘n Rugga Rugby Toernooi more. Hierdie Mamma Arnell is super opgewonde om dit te sien. Ek sal ‘n paar foto’s neem en Maandag vir julle alles vertel. Mmm…. Ek wonder of die Sprinkbok Afrigter ook daar gaan wees????

Julle moet almal ‘n heerlik naweek  he. Geniet elke oomblik daarvan saam met julle geliefdes.

Ek sluit my week af met ‘n giggel vir die naweek. Baie dankie dat jy die week by my en my Blog Land gekuier het.

Toedels tot Maandag.

Mwah

xAx

Mamma se Vrydag Briefie aan julle:

Mamma se Vrydag Briefie aan julle:

* Reinhardt: Vanoggend het Mamma vir jou gejok (Oeps!). Ek het ‘n bietjie vergeet dat jy nooit net ons woord vat vir ietsie nie, maar dat ons dit eers vir jou MOET bewys voordat jy ons glo, en dan is alles ok. Vanoggend wou jy weer Mamma en Pappa se “Pietiesyne” (Vitamiene -  Beroca) in die glas gooi. Mamma was laat en het vir jou gese dat dit klaar is. Natuurlik wou jy dit eers sien. Ek het geweet dat hierdie een gaan ek nie wen nie, en het maar die kas oopgemaak en dit uitgehaal. Jou woorde aan my was: “Sien Mamma, jy moes net mooi gekyk het!” Ek kon jou opvreet. Ps: Mamma sal nie weer vir jou jok nie!

* Zander: Gistermiddag toe Mamma julle by die skool kom haal het, was jy die eerste een wat my gesien het. Ek het vir jou gese om eers by Tannie Alice te bly want ek wou eers vir Sussie gaan haal by Ouma Riekkie. Jy was so bly om Mamma te sien en het doodernstig vir my gese:”Nie wegry Zander.” Ek het belowe dat ek jou nou gaan kom kry en jy was tevrede. Zander, dit maak altyd Mamma en Pappa se dagie as jy so bly is om ons te sien in die middae…

* Dominique: Vandag is jy Bakerman by die skool. Jy is tog so opgewonde oor jou By’tjie Cup Cakes en Mamma weet sommer jy gaan die cutste Bakerman vandag by die skool wees.

* Quintin: Jy en Mamma het vanoggend ‘n “Bumpy” Start gehad. Jy wou nie die hemp aantrek wat Mamma vir jou uitgehaal het nie. Gister het ek vir julle al 3 nuwe skoentjies gekoop. Jy kon nie wag om dit aan te trek nie en jy het tog so mooi gese:”Dankie Mamma!” My plesier Quinty.

Baie lief vir julle 4.

x Mamma x

 

BAKERMAN!

BAKERMAN!

Vrydae beteken Bakerman Dag by die Skool. Die Kiddies noem dit Baker Baker. Dit is wanneer elke kind ‘n beurt kry om Bakerman te wees vir die dag. Daardie mamma moet dan sorg dat daar ‘n ietsie is vir elke kind in die klas om te eet bv: Cup Cakes, Popcorn, Lekkergoed ens. Die res van die kinders in die klas moet ook R2.00 saam bring skool toe en die Cup Cake bv koop by die Bakerman. Dit is baie goed vir die kiddies om te leer dat jy moet betaal vir party goed wat jy wil he. Asook dit help met fondsinsameling vir die skool.

Vandag is Madam Dominique Bakerman by die skool. Ons het vir haar Bytjie Cup Cakes gemaak. Die ander drie het ook hulle beurt gehad sover die jaar. Ek dink ek het so ‘n breek van 2 maande dan begin ons weer van voor af. Eish! En hierdie Mamma Arnell is nie altyd so kreatief nie. Maar al wat belangrik is, is dat die kiddies Vrydae se Baker Baker baie geniet.

Ek deel ons Bakerman foto’s met julle vir die jaar sover. Geniet dit! :-)

Ps: Skies, ek sukkel om die foto’s omgedraai te kry???? Dominique se foto is vanoggend vroeg geneem en die kleur en kwaliteit is nie so mooi nie.

 

 

 

 

JUST SOMETHING SPECIAL FOR TODAY…..

JUST SOMETHING SPECIAL FOR TODAY…..

Life is like a book with many different chapters. Some tell of tragedy, others of triumph. Some chapters are dull and ordinary, others intense and exciting.

The key to being a success in life is to never stop on a difficult page, to never quit on a tough chapter.

Champions have the courage to keep turning the pages because they know a better chapter lies ahead. Think positive: you will perform positive – and you will achieve positive results.

When the world says: “Give up”, hope whispers: “Try it one more time”.

Most of the important things in the world have been accomplished by people who have kept trying when there seemed to be no hope at all.

When someone tells you that you can’t do something. Look around. Consider all your options. Then go for it! Use all the things God gave you. Be creative. In the end, you will succeed and prove them wrong!

Author Unknown

MY DONDERDAG IDEE…..

MY DONDERDAG IDEE…..

Dit is Donderdag wat beteken more is dit Vrydag wat beteken die naweek is oor 2 slapies.

Maar vir nou wil ek julle ‘n bietjie meer vertel van my “Donderdag Idee”. Ek het besluit dat ek wil graag ietsie terug gee aan al my goeie vriendinne alias maatjies. So – net daar kom die idee toe op dat van volgende Donderdag af gaan ek elke Donderdag opdra aan een van my maatjies. Ek gaan ‘n kiekie van jou opsit en ietsies mooi’s skryf van jou. Ag, ek is oulik ne! Ek weet dit is ietsies kleins, maar dit is my manier om dankie te se dat jy in my lewe is en vir alles wat jy vir my doen. Ek wens ek kon elke een van julle op ‘n gereelde basis vat vir koffie of ‘n fliek, maar ai toggie met al die kinders en mans en honde en en…. is dit nie altyd moontlik nie.

Maar…… soos alle dinge in die lewe, gaan daar ook ‘n verrassings element wees. Ek gaan nie vir julle se wanneer dit jou Donderdag is nie. So – lees maar my Blog en kyk. He He He :-)

Ps: As jy nie wil he ek moet ietsie oor jou skryf nie. BBM/Email/Sms/FB my – MET ‘N BAIE GOEIE REDE HOEKOM NIE! :-)

Pss: Moet my asb  nie hof toe vat vir naamskending of iets nie.

Psss: Ek sal net mooi goed skryf en nie te veel in detail ingaan nie (Mandy jou geheime is veilig) LOL…..

Wel, daar het julle dit maatjies. My bietjie aan julle.

Mmmm…. ek wonder wie gaan eerste wees???? He He He.

Toedels.

xAx

EK IS SUPER OPGEWONDE :-)

EK IS SUPER OPGEWONDE :-)

Oi! Ek weet nie wat gaan aan nie, maar dit is asof die “Fairy God Mother” deesdae haar towerstaffie heeldag al dag in my rigting swaai. No, don’t get me wrong! I like, I like!

Mensies, vir die eerste keer in ‘n lang ruk (en glo my Kobus kan dit beaam) is ek weer super gelukkig en opgewonde oor goedjies. Vir ‘n lang ruk (te lank) het ek net net aan depressie gevat. Nou vir julle wat my ken, sal dit seker nie glo nie (want Arnell praat nie, Arnell kla nie, Arnell huil nie) voor julle nie :-) Dingetjies het rof met tye gegaan. Dit is ‘n tyd wat ek nie graag oor wil he nie. Nie eers Kobus of die kiddies kon/het my gelukkig gemaak nie. Maar die Here werk in ‘n besonderse manier. Ek glo Hy laat toe dat alle mense verskillende Seisoene in jou lewe he. Jy gaan gelukkige, opgewonde tydjies he – maar ook hartseer, eina tye. Ek is bly om vandag te se: Ek is vandag gelukkig. Ek was gister gelukkig en ek weet sommer ek gaan more ook gelukkig wees en oormore en vir nou is dit meer as genoeg!

Vir nou wil ek net ‘n paar goedjies met julle deel wat my super opgewonde en gelukkig maak:

1. Ons het Selgroep vanaand, dit is die hoogtepunt (naas Sondagoggende) van my week.

2. Die Kiddies is so cute, hulle is gesond en ek geniet hulle meer en meer elke dag.

3. Kobus doen die Comrades oor 11 dae. Ek was nog nooit deel van die Comrades nie en kan nie wag nie. Ons gaan 6 mense wees wat hom die dag gaan ondersteun – sy eie supporters group NOGAL!

4. Ek het weer begin oefen en doen nou al ‘n 7km draffie maklik. Ek hoop om my eerste half marathon (21km) volgende jaar hierdie tyd te doen. En nee, ek wil nie vir goud gaan nie. Wil hom net klaar maak – vir eers.

5. Ek lees! Ek lees die Bybel elke aand en begin hom nou verstaan. Ek leef nou nader aan die Here as ooit en lief elke oomblik daarvan.

6. Ek en Kobus gaan Julie maand vir 10 dae Puket Thailand toe. Jippy Doe Day!!!!!!!!!!!!!

7. Ek is gesond. Ek het ‘n goeie werk. Ek het ‘n stunning, awesome, gorgeous man wat lief is vir my. Ek het 4 pragtige kiddies wat baie lief is vir my – al luister hulle nie altyd vir my nie. Ek het ‘n kar. Ek het ‘n huis.

8. Ek het vir Vivian, wat my elke aand so mooi help met die vier Monsters.

9. Ek het ‘n beste maatjie Mandy met wat ek alles kan deel.

10. Ek begin myself meer aanvaar. En werk daaraan dat ek nie so streng met myself moet wees nie. Ek IS  ‘n goeie Mamma. Ek doen altyd my beste. Ek maak foute (en dit is ok), ek gaan nog baie maak.

Ek gaan stop by punt 10. Ek wil julle nie verveel nie, maar skielik besef ek daar is nog baie waarvoor ek dankbaar kan wees en wat my gelukkig maak.

Ek besef oor ‘n rukkie/’n dag/’n maand gaan ek weer ‘n “af” tydjie beleef en weet jy wat? Dit is ok! Ek is ‘n Mamma van 4 kleuters, ek is ‘n vrou vir Kobus, ek is ‘n Kollega by Cu Al, ek is ‘n vriendin, ek is ‘n sussie, ek is iemand se dogter, ek is ‘n oor wat luister. Ek is baie dinge, en ek gaan moeg word, ek gaan hartseer word en dit is OK! Serious……

Maar vir vandag geniet ek my geluk, my vreugde en alles wat my super opgewonde maak! Fairy God Mother swaai jou towerstokkie……

Toedels.

xAx

‘n BIETJIE DEURMEKAAR….

‘n BIETJIE DEURMEKAAR….

Hellooha!

Skies, vandag se posstukkie gaan ‘n bietjie deurmekaar wees met ‘n bietjie van dit en ‘n bietjie van dat. Kom ons begin sommer met die goeie nuus….

Ek het gisteraand 7km op die treadmill gedraf. Ek was regtig nie lus daarvoor nie totdat Kobus my die keuse gegee het: Of ek gaan draf, of hy gaan draf en EK kyk na die kinders (wat beteken –  pas hulle op terwyl Vivian  hulle bad, gee vir hulle kos en kry hulle in die bed). Mensies, ek kon nie gou genoeg by die treadmill uitkom nie. :-)

Nog ‘n brokkie goeie nuus is: ****** DRUM ROLLL ****** Ek het ‘n goeie idee gekry wat ek elke Donderdag op my blog wil doen. ***** KNYP MY ***** Hou hierdie Donderdag se  posstukkie dop! Ek is so opgewonde! Ai, soms net soms verstom ek myself aan hoe oulik en slim  ek eintlik is. He He He…. Speel net! :-)

Vandag oor 4 maande is die Drieling 4 jaar oud. Ek is so opgewonde oor hulle Spiderman Partytjie Sondag die 23ste September. Ek tel al die slapies tot dan. Ek beplan alreeds hulle Spiderman Partytjie in my kop. Ek lief dit om partytjies te doen! Ps: Hulle is nou super cute en ek geniet hulle vreeslik baie.

As for their Sister Dominique…… O, Pappie! Ek sien, ruik en voel die Terrible Two’s. Jip, Suster Dominique is nou 2 jaar en 3 maande en sy toets ons –  Big Time!!! Al verskil met haar terrible two’s tantrums en daardie van haar boeties is, is dat dit baie meer DRAMATIES is! Sy is ‘n regte ou Drama Queen. Mmm…. wonder waar kry sy dit? :-)  As jy met haar raas of haar ‘n sagte raps op die boud gee (wat natuurlik beskerm is deur ‘n Pampers doek) begin Suster skree asof Hitler se Nazi’s agter haar aan is.  Anders as haar boeties is aantrek tyd in die oggende baie stresvol (vir my natuurlik, suster voel ‘n veer). Sy besluit wat sy wil aantrek en meeste van die tyd is haar kleresmaak nog nie so goed nie, of kom ons stel dit so, sy kort nog ‘n bietjie hulp. Sondag het sy so mooi gelyk met haar bruin en rooi broekie saam met ‘n rooi trui, en net daar besluit Suster dat sy wil haar pienk “Gumboots” aantrek daarby. Hierdie “Gumboots” het ‘n cupcake met al die kleure van die reenboog op – alles behalwe natuurlik bruin en rooi! My senuwees! Gelukkig met die hulp van “ek weet nie wie nie” kon ek haar darem ompraat om haar mooi rooi kerkskoentjies aan te trek. Maar van gister af het sy weer die “Gumboots” aan. Ps: Kalm Arnell, wat maak dit tog saak…. Dit is tog net skoene! Pss: die ander dag is sy met haar swemklere bo-oor haar klere aan skooltoe!

Ek het gister die boek “Briewe aan God” begin lees. Die verhaal is geinspireer deur die trefferfliek “Letters to God” wat die lewe uitbeeld van ‘n seun met terminale breinkanker wat die siekte probeer verwerk deur briewe aan God te skryf. Briewe aan God is ‘n verhaal van lag, liefde en oorwinning. Bo alles is dit ‘n verhaal van hoop in alle omstandighede – die soort hoop wat gevind word in ‘n eenvoudige, kinderlike vriendskap met God. As ek terug dink in my eie lewe, is een van my grootste vrese dat my gesin gaan doodgaan en ek alleen gaan oorbly. Net die ander dag lees ek ‘n stukkie wat se: ” Fear of loss is the path to the dark side. Train yourself to let go of your fear of loss!” Ek probeer….. Ek kan nie wag om vanaand weer verder te lees nie. Ek trek nou by bladsy 53 en het al ‘n paar keer trane afgevee.

Vanmiddag gaan ek gou gou koffie drink saam met ‘n goeie vriendin Erika. Slegte nuus: Meneer Walsh by die werk het vir ons Kerrie gemaak met baie Garlic in. Oeps! Skies, Erika! Sit maar ver van my af.

Ps: Kobus, ek weet jy lees my Blog….. Nog net 12 slapies tot Comrades!

Toedels!

xAx